Die Guptaryk (Sanskrit: गुप्त, gupta) was 'n dinastie op die Indiese subkontinent tussen die laat 3de en 6de eeue. In die 4de en 5de eeu het hulle 'n ryk regeer wat byna die hele Noord-Indië beslaan het. Alhoewel hul ryk nooit so groot was soos die vroeëre Mauryaryk of die latere Mogolryk nie, word die Guptas as een van die belangrikste dinastieë in die geskiedenis van Indië beskou. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die sosiale en kulturele ontwikkelings wat gedurende hulle heerskappy plaasgevind het.

In die tydperk voor die Guptaperiode het die inval van mense uit die noordweste politieke onstabiliteit meegebring maar ook die ontwikkeling van kultuur.

In die tydperk van die Guptas het Indië 'n stabiele tydperk beleef waarin handel met die Middellandse See vir China en Sentraal- en Suidoos-Asië groter welvaart gebring het. Die wetenskap, nywerheidswese,letterkunde en kunste het in hul tyd floreer. Die Guptas het 'n groeiende belangstelling in antieke Vediese en Brahmaniese tekste gestimuleer.

Terselfdertyd het nuwe kultusvorms ontstaan wat gebaseer was op persoonlike toewyding. Die ontwikkelings vorm die basis vir die opkoms van moderne Hindoeïsme.

In die Guptaperiode het Indië 'n groot kulturele invloed op ander dele van die wêreld gehad, veral Sentraal-Asië, Suidoos-Asië en China. Guptakuns en argitektuur het ook die standaard gestel vir latere ontwikkelings in Indië.

Die politieke en godsdienstige instellings van die Indiese samelewing sou vanaf die Guptatydperk tot in die 13de eeu onveranderd bly.

Bronnelys Turchin, Peter; Adams, Jonathan M.; Hall, Thomas D (December 2006). "East-West Orientation of Historical Empires". Journal of World-Systems Research. 12 (2): 223. doi:10.5195/JWSR.2006.369. ISSN 1076-156X. Taagepera, Rein (1979). "Size and Duration of Empires: Growth-Decline Curves, 600 B.C. to 600 A.D". Social Science History. 3 (3/4): 121. doi:10.2307/1170959. JSTOR 1170959. Dikshitar, V. R. Ramachandra (1993). The Gupta Polity. Motilal Banarsidass Publ. . Gupta Dynasty – MSN Encarta. Archived from the original on 29 October 2009. N. Jayapalan, History of India, Vol. I, (Atlantic Publishers, 2001), 130. Jha, D.N. (2002). Ancient India in Historical Outline. Delhi: Manohar Publishers and Distributors. pp. 149–73. .

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Nepal Kategorie:Geskiedenis van Pakistan