Die Groot-Winterhoekberge is 'n bergreeks van ongeveer 80 km wat in 'n amper oos-wes rigting strek, net noord vanaf Uitenhage tot waar die Baviaanskloofberge ophou. Die hoogste pieke in die reeks is die Cockscomb (1 768 m) en Tierhoekberg (1 408 m).https://www.baviaans.co.za/page/geology Die KwaZunga- en Elandsriviere loop suid van die berg, en aan die westepunt word dit deur die Grootrivier van die Bloukoprante en Baviaanskloofberge geskei.
Gelyknamige berg Noord van Tulbagh is daar ook die Wes-Kaapse Groot-Winterhoekberge, en reg noordwaarts in die Kamdeboo is die Klein-Winterhoekberge. Hierdie berg moet ook nie met die Winterberge, verder noord in die Oos-Kaap, verwar word nie. Dié lê noord van die klein dorpies Bedford, Adelaide en Fort Beaufort. duimnael|links|300px|Die Groot-Winterhoekberge vorm die gesigseinder in hierdie uitsig van St. Francisbaai af
Verwysings
Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika