Dwergaalwyne is 'n informele groepering van aalwyne wat deel vorm van die genus Aloe. Die groep word gekenmerk van hul klein rosette wat gewoonlik in groepe gerangskik is. Die blare is smal en het dikwels klein, verhewe wit knoppies of aan die blaarrand of op die blaaroppervlakte. Aloe variegata is die enigste uitsondering maar is in die groep ingesluit vanweë sy klein grote. Die blomme van al die spesies is groot in vergelyking met die gorte van die plant.

Twee spesies intussen herklassifiseer in nuwe genera: Aloe aristata is nou Aristaloe aristata Aloe variegata is nou Gonialoe variegata.

Die ander drie spesies wat deel van die informele groep vorm is: Aloe brevifolia Aloe humilis Aloe longistyla

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bron Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014,

Kategorie:Aalwyne