Aloe bowiea is 'n aalwyn, ook een van die bolaalwyne, wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap naby Port Elizabeth en Kariega. Die plant is klein en word slegs 14 cm groot. Die plant is weinig alleenstaande, maar vorm eerder matte tot 5 m in deursnee. Die blomme is klein en is groenbruin van kleur. Die plant blom normaalweg van November tot Januarie. Die wortels is geswel in die middel en spitslopend na weerskante. Die groot groepe bolle en klein groenbruin blomme met hul buitengewone vorm onderskei die spesie.

Die plant is vernoem na James Bowie, 'n vroeë plantversamelaar en kweek maklik.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys SANBI Redlist Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, Jstor

bowiea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika