duimnael|'n Lugbeeld van Kaap Recife-vuurtoring met Port Elizabeth op die agtergrond
Kaap Recife (Engels: Cape Recife; Portugees: Cabo de Recife) is die geografiese suidoostelike punt van Afrika. Dit is geleë sowat 15 km suid van die Suid-Afrikaanse hawestad Port Elizabeth en vorm die suidelike punt van die Algoabaai.
Die naam, Portugees vir "rif", verwys na die riwwe wat baie skepe gestrand het, waaronder Kapodistrias en Pati. Die Kaap Recife-vuurtoring is in 1849 hier gebou en lê in die Kaap Recife-natuurreservaat. Net noord van Kaap Recife is die Nelson Mandela-universiteit en die Port Elizabeth-lughawe geleë.
Kaap Recife is 'n gewilde plek vir branderplankry en snorkel. Verby die Kaap vloei die warm Agulhasstroom.
In 1973 is die 366 ha Kaap Recife-natuurreservaat gestig.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Cape Recife
Kategorie:Port Elizabeth Recife Kategorie:Skiereilande