John Birks "Dizzy" Gillespie (; 21 Oktober 1917 – 6 Januarie 1993) was 'n Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek. Hy was ook 'n komponis en sanger. Hy was 'n virtuoos in sy veld en briljant met improvisasie. Sodoende het hy gebou op die virtuose styl van Roy Eldridge maar met die byvoeging van lae harmonie en ritmiese kompleksiteit van 'n virtuositeit wat voorheen ongehoord was in jazzmusiek. Sy kombinasie van musikaliteit, skouspelagtigheid, intelligensie en vaardigheid het hom een van die voorste proponente van die nuwe musiekstyl wat weldra bekend sou staan as bebop gemaak. Sy beret, sy opgepofte wange en sy lighartige persoonlikheid het een van bebop se mees prominente simbole geword.

Hy het in die 1940's saam met Charlie Parker een van die voorste figure in die ontwikkeling van bebop en moderne jazz geword. Hy het onderrig gegee aan, en verskeie musici beïnvloed, soos o.a. die trompetspelers en jazz-ikone Miles Davis, Jon Faddis, Fats Navarro, Clifford Brown, Arturo Sandoval, Lee Morgan, Chuck Mangione en Johnny Hartman.

Scott Yanow het soos volg oor Gillespie geskryf, "Dizzy Gillespie's contributions to jazz were huge. One of the greatest jazz trumpeters of all time, Gillespie was such a complex player that his contemporaries ended up being similar to those of Miles Davis and Fats Navarro instead, and it was not until Jon Faddis's emergence in the 1970s that Dizzy's style was successfully recreated [....] Gillespie is remembered, by both critics and fans alike, as one of the greatest jazz trumpeters of all time".

Kunstenaarskap

Styl Gillespie is al beskryf as die "sound of surprise". The Rough Guide to Jazz beskryf sy musikale styl (in Engels):

In Gillespie se sterfkennis word sy styl soos volg beskryf deur Peter Watrous (in Engels):

Wynton Marsalis het Gillespie soos volg opgesom as speler en onderwyser (in Engels):

duimnael|regs|Gillespie met sy trompet in 1988.

Pryse en eerbewyse duimnael|regs|130px|Standbeeld van Gillespie in sy tuisdorp van Cheraw, Suid-Carolina

In 1989 het Gillespie die Grammy Lifetime Achievement Award ontvang. Die volgende jaar het hy tydens die seremonies wat by die Kennedy Center for the Performing Arts gehou is om die tweehonderdste herdenking van Amerikaanse jazz te vier die Kennedy Center Honors-prys en die American Society of Composers, Authors, and Publishers Duke Ellington Award ontvang vir 50 jaar se prestasies as komponis en uitvoerder.Jazz with Bob Parlocha – Biographies – Dizzy Gillespie

In 1989 het Gillespie 'n eredoktorsgraad in musiek ontvang van die Berklee College of Music.

In 1993 het hy die Polar musiekprys in Swede gewen. Op 31 Desember 2006 is daar eerbewyse aan hom gebring tydens die program A Jazz New Year's Eve: Freddy Cole & the Dizzy Gillespie All-Star Big Band at The John F. Kennedy Center for the Performing Arts.The Kennedy Center for the Performing Arts Schedule 2006-07 , kennedy-center.org; besoek op 25 Mei 2017. In 2014 is Gillespie ingelyf in die New Jersey Hall of Fame.

In populêre kultuur Samuel E. Wright het die karakter van Dizzy Gillespie in die rolprent Bird (1988) wat oor Charlie Parker handel vertolk. Kevin Hanchard het die rol van Gillespie vertolk in die film oor Chet Baker getiteld Born to Be Blue (2015). Charles S. Dutton het Gillespie gespeel in For Love or Country: The Arturo Sandoval Story (2000).

Lys van werke

Verwysings

Eksterne skakels Onderhoud met Les Tomkins in 1973 Bondige biografie deur C.J Shearn

Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1993 Kategorie:Amerikaanse komponiste Kategorie:Amerikaanse musici