Hierdie artikel handel oor die dorp in Oregon in Amerika. Vir ander gelyknamige plekke, sien Warrenton (dubbelsinnig).
Warrenton is 'n klein kusstad in Clatsop County, Oregon, Verenigde State. Die stad is vernoem na DK (Daniel Knight) Warren, 'n vroeë setlaar, en is hoofsaaklik 'n vissers- en bosbougemeenskap. Volgens die Amerikaanse sensus van 2010 was die bevolking 4 989. links|duimnael|200x200px|Die historiese DK Warren House (gebou in 1885) op NE Skipanon Dr.
Aardrykskunde Warrenton, wat aan die noordwestelike uiterste van Oregon lê, is ongeveer 8 km wes van Astoria, oor die Youngsbaaibrug, wat oor 1300 m strek van die riviermonding van Youngsbaai aan die monding van die Columbiarivier.
Volgens die Amerikaanse sensusburo het die stad 'n totale oppervlakte van 45,74 km2 waarvan 33,07 km2 land en 12,67 km2 water is.
Klimaat Die streek ervaar warm en droë somers, met gemiddelde maandelikse temperature benede 22 °C. Dit is gewoonlik bewolk of reënerig weens die nabyheid aan die see, maar ervaar tog 'n bietjie sonskyn. Volgens die Köppen-klimaatklassifikasie het Warrenton 'n warm somer Mediterreense klimaat, afgekort 'Csb' op klimaatkaarte.
Sensus in 2000 Volgens die sensus van 2000 was daar 4 096 mense, 1 621 huishoudings en 1 087 gesinne in die stad. Die bevolkingsdigtheid was 128,3 / vk.km.
Onderwys Warrenton High School is 'n klein skooltjie met tussen 300 en 400 inskrywings. Warrenton Graadskool is 'n K-8-skool met 'n totale inskrywing van ongeveer 700 studente.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Oregon