Pella-aalwyn (Aloe dabenorisana) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom voor in die Dabenorisberge en Pellaberg in Boesmanland. Die aalwyn is seldsaam. Die plant groei op kranse en hang af teen die kranse. Die blare buig terug na die stam toe en is dof groen met 'n rooi tint. Daar is klein, wit, tande op die blaarrande.

Die plant blom van Augustus tot November.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, Plants of the World Online

dabenorisana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika