is 'n Latynse frase wat "verskriklike jaar" beteken. Dit is aanvullend tot , wat "wonderlike jaar" beteken.
Oorsprong van die frase Die frase "annus horribilis" is in 1891 in 'n Anglikaanse publikasie gebruik om 1870 te beskryf, die jaar waarin die Rooms-Katolieke kerk die dogma van pouslike onfeilbaarheid gedefinieer het.
Elizabeth II Die uitdrukking is deur die Britse koningin Elizabeth II gebruik tydens 'n toespraak op 24 November 1992 by Guildhall wat die veertigste jaar van haar bestyging tot die Britse kroon herdenk het; sy het gesê:
Kofi Annan Kofi Annan, die destydse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het die uitdrukking tydens 'n perskonferensie op 21 Desember 2004 gebruik. Hy het reflekteer: "Dit behoef geen betoog nie dat dit 'n besonders moeilike jaar was, en ek is verlig dat hierdie annus horribilis tot 'n einde kom." The Secretary-General Off the Cuff Sy opmerkings is wyd geïnterpreteer as verwysende na volgehoue bewerings van korrupsie in die VN se Irakse- olie-vir-voedsel-program. Hy het ook omwentelings en geweld in Afghanistan, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Irak en Soedan; die voortgaande proses van interne VN-hervorming; en "aanhoudende ... kritiek teen die VN" en homself persoonlik bespreek. Annan se opmerkings het vyf dae gekom voor die dodelikste gebeurtenis van die jaar (en een van die dodelikste natuurrampe in die geskiedenis), die tsoenami in die Indiese Oseaan op 26 Desember 2004.
Sien ook Rampjaar, die Nederlandse "rampjaar" van 1672
Verwysings
Eksterne skakels Royal.gov.uk - Transkripsie van die Koningin se toespraak by Guildhall op 24 November 1992 Annus Horribilis : boek deur Sam Jordison
Kategorie:Latynse uitdrukkings