The Cape Town Affair is die regisseur Robert D. Webb se glansspioenfilm van 1967, vervaardig deur 20th Century Fox saam met Killarney Film Studios in Suid-Afrika. Claire Trevor, James Brolin en Jacqueline Bisset speel in die rolprent. Die film is 'n oormaak van die rolprent Pickup on South Street uit 1953. Cape Town Affair, The Monthly Film Bulletin; London Vol. 36, Iss. 420, (1 Januarie 1969): 8.
Dit was Brolin se eerste hoofrol. Beide hy en Bisset was onder kontrak by Fox. Hy het later gesê "Ek het nie baie daarvan gehou nie, maar ons [hy en Bisset] was nie sleg nie."Biding His Time: James Brolin Looking for Role Outside Weekly TV Rut. Murphy, Mary B. Los Angeles Times 2 September 1970: h17.
Storielyn Suid-Afrikaanse geheime agente probeer 'n vertroulike mikrofilm red voordat die kommuniste dit in die hande kry.
Rolverdeling Claire Trevor as Sam Williams James Brolin as Skip McCoy Jacqueline Bisset as Candy Bob Courtney as Kaptein Herrick, Veiligheidspolisie John Whiteley as Joey Gordon Mulholland as Sersant-Majoor Du Plessis Siegfried Mynhardt as Fenton James Gordon White as Sersant Beukes Gabriel Bayman as Mohammed the Fence Raymond Matuson as Lighting Louis / Espinosa Patrick Mynhardt as Myburgh
Produksie Sommige van die Kaapstad-tonele sluit in Longstraat, woonstelle langs Beachweg in Mouille Point en Groenpunt, die hawe waar nou die Waterfront is, die middestad naby die treinstasie en die stadsaal.
Ontvangs Kommentators beskryf die film as vervelig, traag, met swak toneelspel en langdradig. Die film skets egter 'n interessante prentjie van die lewe in Suid-Afrika onder apartheid, gesien vanuit die oogpunt van die amptelike regeringsbeleid. Al die hoofkarakters is wit en selfs straattonele bevat min nie-blankes.Film As Evidence, Film As History And Film In History: Some African Perspectives, Bickford-Smith, Vivian. African Research & Documentation; London Iss. 110, (2009): 17-27.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Dramarolprente