Puberteit is die proses van fisieke veranderings waardeur ’n kind se liggaam gaan om ’n volwassene te word wat in staat is tot voortplanting. Dit word aan die gang gesit deur hormonale seine van die brein na die geslagskliere: die eierstokke in ’n meisie en die testikels in ’n seun. In reaksie op die seine vervaardig die geslagskliere hormone wat libido en die groei, funksie en transformasie van die brein stimuleer, asook die bene, spiere, bloed, vel, hare, borste en geslagsorgane. Fisieke groei – lengte en gewig – versnel in die eerste helfte van puberteit en is voltooid wanneer ’n volwasse liggaam ontwikkel het. Voor puberteit is die eksterne geslagsorgane, bekend as die primêre geslagseienskappe, die eienskappe wat seuns en meisies van mekaar onderskei. Puberteit lei tot geslagsdimorfie deur middel van die sekondêre geslagseienskappe, wat tot ’n groter onderskeid tussen geslagte lei.

Meisies se puberteitsjare begin op gemiddeld 10-11 jaar en eindig op 15-17 jaar; seuns se puberteitsjare begin op gemiddeld 11-12 jaar en eindig op 16-17 jaar. Die belangrikste baken vir puberteit in meisies is menarg, die begin van menstruasie, wat op gemiddeld 12-13 jaar gebeur. Vir seuns kom die eerste ejakulasie op gemiddeld 13 jaar voor.(Jorgensen & Keiding 1991). In die 21ste eeu is die gemiddelde ouderdom waarop kinders, veral meisies, puberteit bereik laer as in die 19de eeu, toe dit 15 vir meisies en 16 vir seuns was. Dit kan vanweë enige van verskeie faktore wees, insluitende beter voeding, wat lei tot vinnige liggaamsgroei; groter massatoename en vetneerslag; of blootstelling aan endokriene ontwrigters soos xeno-estrogene, wat soms kan voorkom vanweë voedselinname of ander omgewingsfaktore.

Wat veral merkbaar is onder die morfologiese veranderings in die grootte, vorm, samestelling en funksionering van die liggaam gedurende puberteit, is die ontwikkeling van sekondêre eienskappe, die "invul" van die kind se liggaam van meisie tot vrou en van seun tot man. Die woord "puberteit" is afgelei van die Latynse puberatum (rypheidsouderdom), en beskryf die fisieke veranderings na seksuele volwassenheid, nie die psigososiale en kulturele rypwording wat in die Westerse kultuur betrekking het op die geestelike oorgang van kind tot volwassene nie, hoewel die twee oorvleuel.The Oxford Dictionary of English Etymology, C. T. Onions ed. Oxford University Press, 1996, p. 720.

Verskille tussen die geslagte thumb|center|900px|’n Benaderde voorstelling van die ontwikkelingstydperk in die kinderjare en vroeë volwasse jare. Puberteit is regs in groen gemerk. 260px|thumb|

Twee van die belangrikste verskille tussen puberteit in meisies en seuns is die ouderdom waarop dit begin en die hormone wat betrokke is, die androgene en estrogene.

Hoewel ouderdomme grootliks verskil, begin meisies se puberteit op gemiddeld 10-11 jaar en eindig op sowat 15-17; seuns s’n begin op gemiddeld 11-12 jaar en eindig op 16-17 jaar. Meisies bereik voortplantingsrypheid sowat vier jaar ná die eerste fisieke veranderings van puberteit. Daarteenoor ontwikkel seuns stadiger, maar hou aan groei sowat ses jaar ná die eerste sigbare veranderings van puberteit.Garn, SM. Physical growth and development. In: Friedman SB, Fisher M, Schonberg SK., editors. Comprehensive Adolescent Health Care. St Louis: Quality Medical Publishing; 1992. Besoek op 2009-02-20 Enige toename in lengte ná puberteit is ongewoon.

By seuns is die androgeen testosteroon die belangrikste geslagshormoon; terwyl testosteroon vervaardig word, word alle veranderings by seuns gekenmerk as virilisasie (die biologiese ontwikkeling van geslagsverskille). ’n Aansienlike produk van testosteroonmetabolisme in mans is estradiol. Die omsetting van testosteroon in estradiol hang af van die hoeveelheid liggaamsvet, en estradiolvlakke in seuns is gewoonlik baie laer as in meisies. Die manlike "groeivlaag" begin ook later, versnel stadiger en duur langer. Hoewel seuns gemiddeld 2 cm korter as meisies is voordat puberteit begin, is volwasse mans gemiddeld 13 cm langer as vroue. Die grootste deel van hierdie geslagsverskil in volwasse lengte word toegeskryf aan die latere aanvang van die groeivlaag en ’n stadiger voortsetting totdat dit voltooi is; dit is ’n regstreekse gevolg van die latere styging en laer vlakke van estradiol by mans.

Die hormoon wat vroulike ontwikkeling oorheers, is die estrogeen estradiol. Terwyl estradiol die groei van die borste en baarmoeder aanhelp, is dit ook die belangrikste hormoon wat die groeivlaag tydens puberteit stimuleer. Estradiolvlakke styg vroeër en bereik hoër vlakke by vroue as by mans.

Die hormonale rypwording van vroue is aansienlik ingewikkelder as by mans. Die belangrikste steroïedhormone, testosteroon, estradiol en progesteroon, sowel as prolaktien, vervul belangrike fisiologiese funksies in puberteit.

Begin van puberteit Vroeë en laat puberteit Verskeie studies oor puberteit het ondersoek ingestel na die uitwerking van ’n vroeë of laat begin van puberteit in mans en vroue. Oor die algemeen ervaar vroue wie se puberteit laat begin het, positiewe gevolge in hulle adolessente en volwasse lewe, terwyl meisies wie se puberteit vroeg begin het, negatiewe gevolge ervaar. Mans wie se puberteit vroeër begin het, het gewoonlik positiewer gevolge in hulle volwasse lewe, maar negatiewe gevolge in hulle adolessensie, terwyl die teenoorgestelde waar is vir ’n laat begin.

Meisies Resultate het oor die algemeen daarop gedui dat ’n vroeë begin van puberteit by meisies sielkundig skadelik kan wees. Die hoofrede is die kwessie van liggaamsbeeld. Terwyl hulle fisiek ontwikkel en gewig aansit aan verskeie liggaamsdele, lyk meisies wie se puberteit vroeg begin het gewoonlik groter as ander meisies. As gevolg van die sosiale druk om skraal te wees ontwikkel hulle ’n negatiewe liggaamsbeeld. Mense kan ook meisies terg omdat hulle borste begin wys en hulle dwing om dit onder klere te probeer wegsteek. Hulle kan ook geneig wees om nie te wil uittrek met byvoorbeeld liggaamsoefeninge of in die gim nie. Dit alles lei tot ’n lae selfbeeld en depressie.

Omdat hulle fisieke en emosionele verskille hulle laat uitstaan bo ander meisies van hulle ouderdom, ontwikkel die meisies wie se puberteit vroeër begin het ook verhoudings met ouer mense. So kan ’n meisie ouer kêrels hê, wat aangetrokke voel tot haar vroulike voorkoms maar meisierige onskuld. Hoewel dit soms haar gewildheid onder haar maats kan verhoog, verhoog dit ook die gevaar van alkohol- en dwelmmisbruik, ’n aktiewer sekslewe (dalk sonder beskerming), eetsteurings en boeliegedrag.

Seuns In die verlede is ’n vroeë begin van puberteit verbind met positiewe gevolge by seuns, soos leierskap in hoërskool en sukses in hulle volwasse lewe. Onlangse studies het egter onthul die risko's en probleme van ’n vroeë puberteit weeg dalk swaarder as die voordele.

Seuns wat puberteit vroeg betree, ontwikkel "aggressiewer, wetsoortredende en alkoholmisbruikende" gedrag, en dit kan lei tot woede teenoor hulle ouers en probleme by die skool en met die polisie. Vroeë puberteit hou ook verband met ’n toename in seksuele aktiwiteit en tienerswangerskappe, wat albei kan lei tot depressie en ander sielkundige probleme. ’n Vroeë puberteit kan egter ook positiewe gevolge hê, soos gewildheid onder maats, asook ’n groter selfbeeld en selfvertroue, as gevolg van fisieke ontwikkeling soos ’n groter lengte, ontwikkelde spiere en beter atletiese vermoëns.

Daarteenoor ontwikkel seuns wat later hulle puberteit bereik ’n laer selfbeeld en vertroue en is hulle oor die algemeen minder gewild onder hulle maats omdat hulle minder atleties gebou is. Hulle kan ook angs en depressie ervaar en is meer geneig om bang vir seks te wees as ander seuns.

Veranderings in mans By seuns begin puberteit met die vergroting van die testikels en skrotum. Die penis word ook groter en die seun ontwikkel skaamhare. Sy testikels begin ook sperma vervaardig. Die uitlating van semen, wat sperma en ander vloeistowwe bevat, word ejakulasie genoem. Tydens puberteit is ’n seun se penis in staat om semen te ejakuleer en ’n vrou swanger te maak. ’n Seun se eerste ejakulasie is ’n belangrike baken in sy ontwikkeling. Dit gebeur op gemiddeld 13 jaar.(Jorgensen & Keiding 1991). Ejakulasie vind soms in die slaap plaas; dit word ’n nagtelike storting of "nat droom" genoem.

Grootte van testikels 350px|thumb|Die vyf Tannerfases van die manlike geslagsdele. By seuns is die grootte van die testikels die eerste fisieke manifestasie van puberteit (dit word gonadarg genoem).Styne (2002), p. 598 Testikels verander min in grootte van omtrent een jaar oud tot met die begin van puberteit. Dit is gemiddeld 2-3 cm lank en 1,5-2 cm breed.

Die grootte van die testikels is van die parameters van die Tannerskaal vir manlike geslagsdele: In fase I is die volume minder as 1,5 ml en in fase V is dit meer as 20 ml. Die testikels bereik hulle maksimum volwasse grootte sowat ses jaar ná die begin van puberteit. Hoewel 18-20 cm3 'n gemiddelde volwasse grootte is, wissel dit baie van man tot man.Marshall (1986), p. 180.

Nadat die seun se testikels omtrent 'n jaar lank vergroot en ontwikkel het, begin die lengte en dan die breedte van die penisskag toeneem; die grootte van die eikel begin ook toeneem.

Manlike spiere en liggaam Teen die einde van puberteit het volwasse mans swaarder bene en amper twee keer soveel skeletspiere. Van die beengroei (byvoorbeeld die skouers en kakebeen) is uitermate meer en dit lei tot merkbare verskille in die skeletvorms van mans en vroue. Die gemiddelde man het sowat 150% van die liggaamsmassa van die gemiddelde vrou en sowat 50% van die liggaamsvet.

Dié spiergroei ontwikkel hoofsaaklik in die latere fases van puberteit en kan aanhou tot nadat die seun biologies 'n man is. Die toppunt van die "kragvlaag", die tempo waarteen spiere groei, word bereik sowat 'n jaar nadat die seun die toppunt van sy groeitempo bereik het. thumb|center|500px|Die ontwikkeling van ’n seun van kind tot aan die einde van puberteit.

Ereksies en voorhuid Sodra ’n seun sy tienerjare bereik, kom ereksies meer gereeld voor vanweë puberteit.What's Happening to My Body? Book for Boys: Revised Edition - Lynda Madaras - Google Books Ereksies kan gewoonlik enige tyd van die dag voorkom, hoewel dit ook gebeur by kinders voor puberteit en selfs voor geboorte.Erections in Babies | LIVESTRONG.COM

Tydens puberteit, of soms vroeër, word die opening van die voorhuid wyer sodat dit oor die eikel kan beweeg. Die membraan wat die binneste oppervlak van die voorhuid aan die eikel verbind, disintegreer en stel die voorhuid in staat om onafhanklik van die eikel te beweeg.

In ’n studie het Øster (1968) bevind dat al hoe meer seuns hulle voorhuid kan terugtrek namate puberteit vorder. Op die ouderdomme van 12 tot 13 kan net 60% van seuns hulle voorhuid terugtrek, op 14 tot 15 verhoog die aantal tot 85% en op 16 tot 17 tot 95%. Sy resultate is bevestig deur navorsing deur Kayaba et al. (1996) met meer as 600 seuns, en Ishikawa en Kawakita (2004) het bevind dat 77% van seuns op 15 jaar hulle voorhuid kon terugtrek.

240px|thumb|Gesigshare van ’n man. Hare Pubiese hare, of skaamhare, begin dikwels verskyn kort nadat die geslagsdele begin groei het. Dit kan gewoonlik eerste by die basis van die penis gesien word. Die eerste paar hare kom in fase II van die Tannerskaal voor. Fase III begin gewoonlik binne 6 tot 12 maande later, wanneer die hare growwer en krullerig raak. Teen fase IV vul die hare die "pubiese driehoek" en teen fase V het die hare versprei tot teen die bobene en die naeltjie.