Johannes VII was die 86ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous Johannes VII is van Griekse afkoms, die seun van ene Plato en sy vrou Blatta, gebore in Rossano, Kalabrië. Op 1 Maart 705 volg hy Pous Johannes VI op en regeer tot sy dood op 18 Oktober 707. Hy word opgevolg deur Pous Sisinnius. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.

Pontifikaat Johannes VII het goeie betrekkinge met die Lombarde gehandhaaf. Hy het skynbaar ook toegegee aan die keiser Justinianus II om die besluite van die Trulliaanse konsilie van 692 goed te keur. Daar is verskeie monumente van Johannes in die kerk van Sint Maria Antiqua aan die voet van die Palatynse heuwel. Ander voorstellings was vroeër in die Sint Pieterskerk in die kapel van die Heilige Maagd wat deur hom laat bou is en kan nog gesien word in die grot onder die kerk. Hy het die klooster van Subiaco, wat deur die Lombarde in 601 vernietig is, laat herbou.

Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Kategorie:Geboortes in 650 Johannes VII Kategorie:Sterftes in 707