Eksarg is die titel van een van vier funksionarisse: Opperbevelhebber en stadhouer deur 'n Bisantynse keiser oor 'n bepaalde gebied aangestel, veral dié oor Ravenna, Italië. In die ou Christelike Kerk - Biskop aan wie ander biskoppe onderworpe was. In die Grieks-Ortodokse Kerk - Verteenwoordiger van die patriarg of metropolitaan, aan wie dié 'n deel van sy regte afgestaan het; oorspronklik hoof van 'n provinsie. Hoof van die Bulgaarse Kerk, tot 1915.
Verwysing WAT, deel II, p. 492.
Kategorie:Titels