Die Citroën CX was 'n groot voorwielaangedrewe uitvoerende motor wat van 1974 tot 1991 deur Citroën vervaardig en bemark is. Produksiemodelle het 'n vierdeur-vloeirugsedan, stasiewa (estate), en 'n langasafstand limousine ingesluit.
Die CX was bekend vir sy hidropneumatiese self-nivellerende veringstelsel en sy lae sleurkoëffisiënt.
Die CX is in 1975 as die "Europese Motor van die Jaar" aangewys, en is deur sommige entusiaste as die laaste "egte Citroën" beskou voor Peugeot in 1976 beheer oor die maatskappy verkry het.International integration, market structure, and prices Af Yves Bourdet, p. 108 Die CX was dan ook die finale suksesvolle model van die "groot Citroën"-era, wat terugdateer tot 1934.
Verwysings