is die hoofstad van die Hyogo-prefektuur en 'n vername hawestad in Japan met 'n bevolking van ongeveer 1,5 miljoen. Die stad is in die Kansaigebied van Japan geleë en is deel van die Osaka-Kobe-Kioto- metropolitaanse gebied. Kobe word geklassifiseer as een van Japan se sewentien aangewese stede.
duimnael|links|Arima-Onsen Die stad het aanvanklik as bekendgestaan. Die vroegste geskrewe verwysings na die gebied is deur Nihon Sjoki, wat die stigting van die Ikoeta-heiligdom in 201 deur keiserin Jingoe beskryf het. Ikuta Shrine official website – "History of Ikuta Shrine" besoek op 22 Oktober 2007 Kobe City Info – "History", besoek op 2 Februarie 2007 Vir die grootste deel van die gebied se geskiedenis was dit nie 'n enkele politiese eenheid nie; selfs tydens die Tokoegawa-tydperk, toe die hawe direk deur die Tokoegawa-sjogoenaat beheer is. Kobe in sy huidige vorm is in 1889 gestig. Die naam kom van , 'n argaïese titel vir volgelinge van die stad se Ikoeta-heiligdom. Nagasaki University – "Ikuta Shrine", besoek op 3 Februarie 2007 Entry for . Kōjien, fifth edition, 1998, Dit het in 1956 een van Japan se aangewese stede geword.
Kobe was een van die eerste stede in Japan wat oopgestel is vir handel met die Weste na die beëindiging van die Sakokoe-isolasiebeleid en het sedertdien as 'n metropolitaanse hawestad bekend geword. Hoewel die Groot Hansjin-aardbewing in 1995 afbreuk gedoen het aan Kobe se rol as hawestad bly dit steeds Japan se vierde besigste behoueringhawe. American Association of Port Authorities – "World Port Rankings 2005", besoek op 3 Julie 2007 Maatskappye wat hulle hoofkantore in Kobe het, sluit in ASICS, Kawasaki-swaarindustrieë en Kobe-staal, sowel as 100 internasionale maatskappye met hulle Asiese of Japannese hoofkantore in die stad soos Procter & Gamble en Nestlé. "Number of foreign corporations with headquarters in Kobe passes 100." (Japanese) in Nikkei Net, retrieved from NIKKEI.net , besoek op 3 Julie 2007. Hyogo-Kobe Investment Guide – "List of Foreign Enterprises and Examples", besoek op 8 Februarie 2007
Die stad is ook bekend danksy Kobe-bief sowel as een van Japan se bekendste onsen-warmwaterbronne, Arima Onsen. Die Kobe-hawetoring is 'n bekende landmerk in die stad.
Kobe was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het, asook een van die vergaderplekke tydens die Rugbywêreldbeker 2019.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Japan