Boerjatië (Russies: Республика Бурятия; Boerjaties: Буряад Улас) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Dit lê in die suidsentrale deel van Siberië aan die oostelike oewer van die Baikal-meer.
Geskiedenis Die Boerjate het ontstaan deur ’n vermenging van inheemse sjamanistiese bevolkingsgroepe en nomadiese Mongole in die 9de en 10de eeu. Hulle het ’n eie kultuur ontwikkel en ’n vorm van sjamanisme met Tibettaans-Boeddhistiese invloede. In die 12de eeu word hulle onderwerp deur Genghis Khan en hulle bly drie eeue lank onder die invloed van sy ryk. Toe die Mongole in die suide en ooste hulle moet onderwerp aan die Mantsjoes, beëindig die Boerjate hul vriendskaplike bande met hul suidelike broedervolke. Hierdeur raak hulle baie geïsoleerd in teenstelling met die verbond van die Mongole en Mantsjoes en besluit om ’n alliansie aan te gaan met Rusland, wat ál verder oos opgeruk het.
Die Russe kom in die 17de eeu na die gebied op soek na rykdom en goud en stig in 1666 die fort by Oelan-Oede, van waar die Russiese kolonialisasie begin. ’n Groot aantal Mongole vlug hierop na die suide. Met die bou van die Transsiberiese spoorlyn in die tweede helfte van die 19de eeu begin die grootskaalse ekonomiese ontwikkeling van die gebied. In 1923 word die Boerjatiese OSSR geskep uit die Boerjaties-Mongoolse en die Mongools-Boerjatiese oblast wat in 1992, ná die val van die Sowjetunie, die status van outonome republiek kry met die naam Republiek Boerjatië.
Geografie duimnael|links|Landskap in die suide van Boerjatië Die republiek grens in die noordweste aan die Irkoetsk-oblast, in die ooste aan Zabaikalski-krai en die republiek Tiwa, en in die suide aan Mongolië.
Boerjatië omsluit die gebiede suidoos, suid, wes en noord van die Baikal-meer (60% van die grens). Meer as 80% van die gebied is bergagtig, met onder meer die Baikal-gebergte noord van die Baikal-meer en die oostelike Jablonowi-gebergte. Die hoogste punt is Moenkoe-Sardik (3 491 m).
Belangrike riviere in die gebied is die Bargoezin, Bowen-Angara, Irkoet, Kitoi, Oeda, Oka, Selenga en Witim.
Klimaat De gemiddelde jaartemperatuur is -1,6ºC. Die temperatuur verskil gemiddeld van -22°C in Januarie tot +18°C in Julie. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is 244 mm.
Ekonomie Die ekonomie is grotendeels gebaseer op akkerbou (groente, aartappels), bosbou, veeteelt en die vervaardiging van grafiet, leer en tekstiel. Ander belangrike sektore is vissery, jag en voedselverwerking. Die Baikal-meer is ook ’n groot trekpleister vir toeriste.
Demografie In die 2002-sensus was die bevolking 981 238, waarvan 665 512 Russe (67,8%), 272 910 Boerjate (27,8%), 9 585 Oekraïners (1,0%) en 8 189 Tartare (0,8%). Daar is ook ’n hele paar ander minderhede.
Groot stede en dorpe duimnael|'n Kaart van Boerjatië en sy bure. Oelan-Oede (Улан-Удэ) – 359 391 Goesinoozjorsk (Гусиноозёрск) – 26 502 Sewerobaikalsk (Северобайкальск) – 25 434 Kjachta (Кяхта) – 18 391 Selenginsk (Селенгинск) – 16 326 Zakamensk (Закаменск) – 2 709 Onochoi (Онохой) – 10 673 Taksimo (Таксимо) – 10 552 Zaretsjni (Заречный) – 9 988 Bitsjoera (Бичура) – 9 737 Chorinsk (Хоринск) – 8 134 Kamensk (Каменск) – 8 113
Eksterne skakels
Kategorie:Russiese republieke