Adigea (Russies: Республика Адыгея; Adigies: Адыгэ Республик) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Dit word heeltemal omring deur die Krasnodar-krai.

Geografie duimnael|links|'n Kaart van Adigea en sy bure. Die republiek lê aan die voet van die Kaukasus-gebergte, met vlaktes in die noorde en berge in die suide. Ongeveer 40% van die totale oppervlakte bestaan uit bosse.

Die bevaarbare rivier Koeban is met ’n lengte van 870 km een van die belangrikste riviere in die streek. Dit vorm ’n deel van die noordelike grens van Adigea.

Klimaat Gemiddelde temperatuur Januarie: -2 °C Gemiddelde temperatuur Julie: +22 °C Gemiddelde jaarlikse neerslag: 700 mm

Geskiedenis Adigea het op 24 Augustus 1922 ’n outonome oblast van Rusland geword. Toe was Krasnodar die bestuursentrum. Van 13 Augustus 1928 af het Adigea onder die jurisdiksie van die Krasnodar-krai geval.

Maikop (die huidige hoofstad) het in 1936 die bestuursentrum geword toe die grense van die oblast verander het. Op 3 Julie 1991 het Adigea ’n outonome republiek van die Russiese Federasie geword. Die eerste president was Aslan Alijewitsj Dzjarimof, wat in 1992 verkies is. Hy is in 2007 opgevolg deur Aslan Kitowitsj Tchakoesjinof.

Afdelings duimnael|Die administratiewe afdelings van die Republiek Adigea.

Die Republiek Adigea is administratief in sewe distrikte (rajons), een dorp en een stad verdeel, en op ’n laer vlak in vyf stedelike nedersettings.

Naam Plaaslike naam Oppervlakte inkm2 bevolking SensusState Committee of the Russian Federation on Statistics. 2010 Bevolking Geraam,1 Jan. 2013 Tachtamoekaiski-distrik Тахтамукайский м.р. 440 69 662 72 239 Teoetsjezjski-distrik Теучежский м.р. 700 20 643 20 887 Dorp Adigeisk Городской округ Адыгейск 14 659 14 901 Krasnogwardeiski-distrik Красногвардейский м.р. 725,5 30 868 31 005 Sjowgenofski-distrik Шовгеновский м.р. 521,4 16 997 16 859 Kosjechablski-distrik Кошехабльский м.р. 606,7 30 422 30 317 Giaginski-distrik Гиагинский м.р. 790 31 766 31 390 Stad Maikop Городской округ Майкоп 58,6 166 540 167 559 Maikopski-distrik Майкопский м.р. 3 667,4 58 439 59 246 Republiek Adigea || Республика Адыгея ||align="right"| 7 600 ||align="right"| 439 996 ||align="right"| 444 403

Nota: "м.р." hierbo is die afkorting vir муниципальный район ("munisipale distrik").

Ekonomie Hoewel dit nou een van die armste dele van Rusland is, het dit ’n oorvloed van bosse en vrugbare grond. Die gebied is veral bekend vir sy graan, sonneblomme, tee en tabak. Daar is ook veeteelt (skape en varke).

Die belangrikste nywerhede is: voedsel en hout- en metaalbewerking.

Adigea is verder ryk aan olie en aardgas. Ander grondstowwe wat daar aangetref word, is goud, silwer, wolfram en yster.

Bevolking In die republiek woon oorwegend Russe, wat in 2002 altesaam 64,5% van die bevolking uitgemaak het. Die Adighe-volk, wat in 1926 nog 44,8% van die bevolking was, maak sedert die dertigerjare slegs 20-24% van die bevolking uit (2002-syfer: 24,2%). Op die oomblik is dié persentasie egter besig om weer te styg. Hulle woon veral in die noordwestelike en noordoostelike uithoeke van die republiek. Ander minderhede is in 2002 gevorm deur die Armeniërs (3,4%), Oekraïners (2,0%), Koerde (0,8%) en Tatare (0,7%).

Groot stede en dorpe Maikop (Майкоп) – 156 931 inwoners Jablonofski (Яблоновский) – 25 063 Enem (Энем) – 17 654 Giaginskaja (Гиагинская) – 15 160 Adigeisk (Адыгейск) – 12 209 Chanskaja (Ханская) – 11 290 Toelski (Тульский) – 10 502 (2002-volkstelling)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Russiese republieke