Hans Antonius Faverey (14 September 1933, Paramaribo – 8 Julie 1990, Amsterdam) was 'n Nederlandse digter van Surinaamse afkoms. Behalwe vir sy werk as digter was hy ook verbonde as dosent aan die Department Sielkunde van die Universiteit van Leiden.
Biografie Faverey is gebore in Suriname, maar het in 1939 na Nederland verhuis waar hy gegradueer het aan die Universiteit van Amsterdam en 'n sielkundige van beroep geword het. In 1959 het hy in die huwelik getree met die digteres Lela Zeckovic, en in 1965 begin werk as dosent aan die Universiteit van Leiden.
Loopbaan Faverey se poësie word as uiters gekonsentreerd en moeilik van begrip beskou, alhoewel hy gewoonlik vir sulke opmerkings gelag het, en gesê het dat dit regtig nie so moeilik is nie. Sy eerste twee bundels het nie 'n goeie ontvangs gehad nie, en slegs enkele kritici het die werke geprys; hy het egter nieteenstaande die prys vir poësie van die stad van Amsterdam ontvang vir sy debuut, Gedichten.
In 1977 publiseer Faverey Chrysanten, Roeiers, waarvoor hy met die Jan Campert-prys bekroon is. Van hierdie oomblik af is Faverey spoedig aanvaar en gekanoniseer. Die aantal kritiese studies oor sy werk het hierna toegeneem - tot op die punt waar dit wou voorkom asof Faverey gelyke status geniet het met Gerrit Kouwenaar en Lucebert. dbnl.org/tekst/rees001cons01_01/index.htm "Consensusvorming in de literatuurkritiek" deur Cees van Rees. Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde. Na sy dood is hy begrawe in die Zorgvlied-begraafplaas.
Toekennings 1969 - Amsterdamse poësie-prys vir Gedichten 1977 - Jan Campert-prys vir Chrysanten, roeiers 1990 - Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre
Werke 1968 - Gedichten 1972 - Gedichten 2 1977 - Chrysanten, roeiers 1978 - Lichtval 1980 - Gedichten 1983 - Zijden Kettingen 1985 - Hinderlijke goden 1988 - Tegen het vergeten 1990 - Het ontbrokene 1993 - Verzamelde gedichten 2000 - Springvossen
Verwysings
Eksterne skakels Hans Faverey by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde (in Nederlands - Chrysanten, Roeiers - kan gratis afgelaai word)
Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 1990 Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Surinaamse digters