Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland (Russies: Дми́трий Константи́нович; 13 Junie 1860 - 28 Januarie 1919) was die seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III.

Hy het ’n loopbaan in die Russiese keiserlike weermag gevolg. Hoewel hy nooit ’n politieke rol vervul het nie, is hy in Januarie 1919 as lid van die Romanof-familie en kleinneef van tsaar Nikolaas II in die binnehof van die Petrus-en-Paulusfort in Sint Petersburg deur ’n vuurpeloton doodgeskiet.

Sy lyk is saam met dié van ander Romanof-groothertoë in ’n gesamentlike graf gegooi, maar sy toegewyde voormalige adjudant, kolonel Alexander von Leiming, het dit die volgende oggend gaan uithaal, in ’n mat toegerol en in ’n private tuin in Petrograd begrawe, waar dit vandag nog is.King, Greg & Wilson, Penny, Gilded Prism, Eurohistory, 2006, , bl. 184

Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1860 Kategorie:Sterftes in 1919