Groothertog Wjatsjeslaf Konstantinowitsj van Rusland (13 Julie 1862 - 27 Februarie 1879) was die jongste seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj en sy vrou, prinses Alexandra van Sakse-Altenburg.

Wjatsjeslaf, wat "Slawa" genoem is, was die baba van die gesin. Hy was lank en het altyd ’n grappie gemaak dat wanneer hy sterf, sy kis in die deur van die Marmerpaleis sou vassit, en dit het toe gebeur. Hy het op 16-jarige ouderdom skielik van ’n intense hoofpyn gekla en het ernstig siek geword. Hy is binne ’n week aan breinontsteking oorlede.

Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof

Eksterne skakels

Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1879