Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland (Russies: Павел Александрович; 3 Oktober 1860 - 28 Januarie 1919) was die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (Marie van Hesse). Hy was die broer van tsaar Aleksander III en die oom van Nikolaas II, Rusland se laaste keiser.
Lewe 150px|thumb|links|Groothertog Paul en sy broer groothertog Sergei Aleksandrowitsj. Groothertog Paul was in die Russiese weermag, ’n generaal in die Kavallerie en ’n ridder van die Orde van Sint Andreas. In 1889 is hy met prinses Alexandra van Griekeland, sy kleinniggie aan vaderskant, getroud. Die paartjie het ’n dogter en seun gehad, maar Alexandra is ná die geboorte van hulle tweede kind oorlede.
thumb|150px|links|Die binnehof van die Petrus-en-Paulusfort, 1920. Paul het daarna ’n verhouding met die getroude Olga Walerianowna Karnowitsj aangeknoop. Ná Olga se egskeiding is sy en Paul in 1902 te midde van sterk teenkanting van sy familie getroud. Omdat hy ’n morganatiese huwelik met ’n geskeide vrou aangegaan het ondanks ’n verbod deur die tsaar, is Paul uit Rusland verban en van sy titels en voorregte ontneem. Tussen 1902 en 1914 het hy in bannelingskap in Parys, Frankryk, gewoon saam met sy tweede vrou en hulle drie kinders. In die lente van 1914 het hy en sy gesin na Rusland teruggekeer.
Gedurende die laaste dae van die tsaristiese bewind was hy een van die min lede van die Romanof-familie wat na aan die tsaar en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna, gebly het. Ná die val van die Russiese Keiserryk en tydens die bewind van die oorgangsregering het Paul aanvanklik in sy paleis in Tsarskoje Selo bly woon. Toe die Bolsjewiste die regering oorneem, is hy in hegtenis geneem.
Hy is in Januarie 1919 saam met ander Romanof-familielede in die binnehof van die Petrus-en-Paulusfort doodgeskiet en sy lyk is in ’n gesamentlike graf gegooi.
Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof
Verdere leesstof Paley, Princess. Memories of Russia, 1916–1919. Herbert Jenkins Ltd, 1924. ASIN: B000O5UBBE
Eksterne skakels
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1860 Kategorie:Sterftes in 1919