Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland (Russies: Алексей Александрович; 14 Januarie 1850 - 14 November 1908) was die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (Marie van Hesse). ’n Vlootloopbaan is vir hom gekies en hy het sy militêre opleiding op sewe jaar begin. Teen die ouderdom van 20 is hy as luitenant van die Russiese keiserlike vloot aangestel en het hy al Rusland se Europese militêre hawens besoek. In 1871 is hy as welwillendheidsambassadeur na die VSA en Japan gestuur.
In 1883 is hy as admiraal-generaal aangestel. Hy het ’n aansienlike bydrae tot die Russiese vloot gelewer in terme van nuwe skepe en die modernisering van vloothawens. Ná Rusland se nederlaag in 1905 in die Slag van Tsoesjima is hy egter van sy bevel onthef. Hy is in 1908 in Parys, Frankryk, oorlede.
Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof
Eksterne skakels
Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Groothertoë van Rusland Kategorie:Geboortes in 1850 Kategorie:Sterftes in 1908