Die Mercedes-Benz OM606 is 'n Inlynsessilinder dubbele bonokas (DOHC) dieselenjin met indirekte inspuiting vervaardig deur Mercedes-Benz tussen 1993 en 2001. Dit het die OM603-enjin met enkele bonokas (SOHC) vervang.

Dit is verwant aan die inlynviersilinder 2,0 en 2,2 liter OM604 en die inlynvyfsilinder 2,5 liter OM605-enjinfamilies van dieselfde era.

Ontwerp Die enjinblok self is afgelei van die 6-silinder M103- en M104- petrolenjins, met die diesel se krukas wat ietwat van die petrolweergawes verskil. Voor die samesmelting met Mercedes-Benz het AMG Affalterbach die OM603- en OM606-krukas in gemodifiseerde vorm gebruik vir die 3,4 liter- en 3,6 liter-AMG M104-petrolenjinvariante.

Spesifikasies

Kategorie:Mercedes-Benz-enjins