Die Iseomeer (Italiaans: Lago d’Iseo of Lago di Sebino) is die vierde grootste van die Noord-Italiaanse mere, geleë in die Lombardiese provinsies Brescia en Bergamo.

Geografie duimnael|links|Die plesierboot Monte Isola in Iseo duimnael|links|'n Boot van die Carabinieri (Italiaanse polisie) duimnael|links|Isola di Loreto duimnael|links|Kuns op die Iseomeer: Christo en Jeanne-Claude se Floating Piers is in 2016 deur die plaaslike wynbou-konsortium Consorzio Franciacorta geborg Die meer, wat met sy diep bekken gedurende die Ystydperk deur die gletsers van die Val Camonica gevorm is en tans deur die Oglio- en Borlezza-riviere gevoed word, is sowat op 'n hoogte van 181 m bo seevlak sowat 20 km noordwes van Brescia en suid van die Val Camonica aan die voet van die Bergamaskiese Alpe en die Ademello-Presanella-Alpe geleë. Die Edolo-bergpas verbind die nedersettings aan die meer met die skigebiede van Trentino.

Die Iseomeer het 'n oppervlakte van 65,3 km2, met 'n lengte van 25 km en 'n maksimumdiepte van 251 m. Drie eilande is in die meer geleë - Isola di Loreto, Isola di San Paolo (in privaat besit van die wapenvervaardigerdinastie Beretta) en Monte Isola (die "Eilandberg"). Die laasgenoemde is die grootste eiland in 'n Suid-Europese meer. Ondanks die steil rotswande langs sy oewers is daar 'n pad wat oor die hele lengte van die oewer aangelê (en op plekke in die rots gesny) is.

Wynbou Net suid van die Iseomeer is Lombardye se grootste wynboustreek geleë, Franciacorta. Wyne word hier reeds sedert die 16de eeu geproduseer, maar die bedryf het 'n opswaai beleef met die stigting van 'n konsortium, die Consorzio Franciacorta, op 5 Maart 1990 wat sy setel in Erbusco het en wynboumetodes reguleer om wyne van hoogste gehalte te verkry. Die streek word met vonkelwyn van hoë gehalte verbind wat as Franciacorta DOCG (Franciacorta Brut, Franciacorta Satèn, Franciacorta Rosé, Franciacorta Millesimato en Franciacorta Riserva), Curtefranca DOC en Sebino IGT bemark word.Franciacorta.net: The Consortium - History. Besoek op 2 September 2020 Franciacorta was die amptelike vonkelwyn van die Milaanse wêreldtentoonstelling Expo Milano 2015.

Verwysings

Kategorie:Mere in Italië