duimnael|links|Profeet en kerkstigter Joseph Smith, Jr. (1805–1844)Onbekende skilder, omstreeks 1842 duimnael|Die tempel op Salt Lake City se tempelplein is die bekendste argitektoniese simbool van die beweging. Die Kerk se sakrale boukuns beklemtoon sy "anderswees" in vergelyking met ander Christelike denominasies, terwyl kerklidmate se wêreldlike geboue volgens die style van Amerikaanse hoofstroomboukuns ontwerp is. Tempelordonansies staan oop vir kerklidmate wat alle kerkreëls nakom en deur hul plaaslike kerkleiers bevestiging daarvoor ontvang het. Andersgelowiges mag nuwe tempels besigtig voordat hulle amptelik ingewy is duimnael|Kerklidmate beskou Jesus Christus as die voorste figuur van hul godsdiens duimnael|Tempel in Rexburg, Madison County, Idaho. Setlaars uit Utah het in die tweede helfte van die 19de eeu nuwe kolonies in die deelstaat gevestig, maar is - as ondersteuners van die Demokratiese Party - deur anti-Mormoonse wetgewing van hul stemreg ontneem. Vandag is sowat 'n vyfde van die deelstaatbewoners kerklidmate. Groter gemeenskappe kerklidmate word daarnaas in landelike streke van Nevada en Arizona aangetref duimnael|Tempel in die Italiaanse hoofstad Rome teen sononder. Die tempel is ingewy in 2019 duimnael|Naamspelde van sendelinge. Die Kerk se sterk groei steun op hoë geboortesyfers en internasionale sendingwerk Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Engels: The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints) is 'n nie-trinitariese restourasionistiese kerk wat op 6 April 1830 in Lafayette in die Amerikaanse deelstaat New York deur Joseph Smith gestig is. Die Kerk se huidige wêreldhoofkwartier is in Salt Lake City in Utah gesetel, met Russell M. Nelson as sy Profeet en President.

Die Kerk verskil van Protestantse denominasies deur 'n aantal afwykende geloofsoortuigings en sy aanspraak op gesag as die Ware Kerk, herstel volgens die voorbeeld van die antieke Christelike Oerkerk deur goddelike openbaring aan Joseph Smith gedurende die tweede sogenaamde Great Awakening in die Vereniging State - 'n tydperk tussen 1795 en 1830 wat deur 'n Protestantse herlewing gekenmerk is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die verwysing na die Laaste Dae weerspieël die oortuiging dat die laaste fase van die Verlossingstydperk met die vestiging van die Kerk aangebreek het, maar beteken nie noodwendig dat die wederkoms van Jesus Christus in die nabye toekoms verwag word nie.

Persoonlike geloofservaring, insluitende die oortuiging dat Joseph Smith as profeet en siener, in antwoord op sy gebede, deur Goddelike openbaring en visies die nodige leidraad ontvang het om die oorspronklike Kerk van Jesus Christus op aarde te herstel ('n sentrale oortuiging van restourasionistiese kerke) en dat Jesus Christus ná sy hemelvaart 'n besoek aan die Nuwe Wêreld gebring het, staan net soos 'n gelukkige gesinslewe en internasionale sendingwerk sentraal in die religieuse en sosiale lewe van Kerklidmate, net soos die oortuiging dat die gemeenskap die Oerkerk se priesterskap herstel het. Heiliges van die Laaste Dae verwys sodoende na die eenvoudige apostoliese orde van die vroeë Christendom wat bestaan het voor die vestiging van kerkstrukture in die 2de en 3de eeu n.C. wat uiteindelik tot die vestiging van die Rooms-Katolieke Kerk as Christelike hoofliggaam sou lei.Thomas Carter: Building Zion. The Material World of Mormon Settlement. Architecture, Landscape, and American Culture Series. Kindle e-Boekuitgawe. Minneapolis • London: University of Minnesota Press 2015, pos. 479

Die Kerk is die grootste van die kerkgemeenskappe wat die Boek van Mormon as heilige skrif erken en as getuienis oor Jesus Christus as die Seun van God erken. In Engels word die beweging Latter Day Saint movement genoem. Nadat sy ledetal in die laat 1940's vir die eerste keer die eenmiljoenkerf oorskry het, het dit intussen tot die vierde grootste geloofsgemeenskap in die Verenigde State gegroei wat met sy meer as 6,5 miljoen lidmate rofweg twee persent van die Amerikaanse bevolking verteenwoordig. Weens die sterk groei buite die VSA word na die Kerk soms as 'n opkomende wêreldgodsdiens verwys.

In die deelstaat Utah en groot dele van Suid-Idaho is 'n meerderheid van die bevolking lidmate van die Kerk; tradisioneel verwys hulle na alle ander gebiede (met hoër persentasies bekeerdes) as mission field.Jana Riess: The Next Mormons. How Millennials Are Changing the LDS Church. New York, NY: Oxford University Press 2019, bl. 29 Wêreldwyd is daar 16,6 miljoen lidmate. In Suid-Afrika was daar in 2019 volgens die Kerk se statistieke 68 772 merendeels Engelssprekende lidmate in 193 gemeentes. In Namibië was daar 952 kerklidmate in vier gemeentes. Die eerste LDS-sendelinge het in April 1853 aan die Kaap aangekom, en nog in Augustus van dieselfde jaar is die eerste gemeente sowat vier myl buite Kaapstad gevestig.Church of Jesus Christ of Latter-day Saints: Newsroom - Facts and Statistics. Besoek op 27 Julie 2020 Tans is daar twee tempels in die land - een elk in Johannesburg en Durban.

Die Anglikaanse, Katolieke en Protestantse Kerke bevraagteken die Christelike karakter van die Kerk as gevolg van besondere verskille in doktrine, byvoorbeeld die geloof dat leier van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae 'n lewende profeet en die opvolger van Jesus Christus is.

Saam met ander geloofsgemeenskappe, soos die liberale Community of Christ en kleiner splintergroepe, wat naas die Bybel ook die Boek van Mormon as 'n heilige skrif aanvaar, word na hierdie denominasie ook as Mormone of Mormoonse Kerk verwys. Alhoewel die term deur lidmate nie noodsaaklik as beledigend beskou word nie, word besoekers van streke met 'n meerderheid lidmate soos Utah en die suide van Idaho aangeraai om liewer die Engelse benaming Latter-day Saints te gebruik. In hul onderlinge kommunikasie gebruik Kerklidmate terme soos Saints; Amerikaanse media verwys na LDS (wanneer Kerklede bedoel word) of die LDS Church (vir die Kerk in sy geheel).

Geskiedenis Joseph Smith se besondere belangstelling vir die Christelike geloof is tydens 'n emosionele godsdiensopwekking in die weste van New York gewek. Verskillende Protestantse denominasies het pogings onderneem om die harte en siele van gelowiges te wen en in Smith 'n diepe gevoel van onsekerheid hoog laat loop. Terwyl sy moeder, twee broers en sy suster by die Presbiteriaanse Kerk aangesluit het, was Joseph geneig om tot die Methodistekerk toe te tree. Deur gebed het hy goddelike wysheid probeer verkry oor die ware geloof en kerk waarby hy sou aansluit. Terwyl hy 'n intense religieuse ervaring ondervind het, het God die Vader en Jesus Christus vir hom verskyn en hom laat weet dat die gesag van God en die Ware Kerk eers herstel moes word op aarde en dat hy, Joseph Smith, die verkose werktuig sou wees vir die Kerkrestourasie.C. Mark Hamilton: Nineteenth-Century Mormon Architecture and City Planning. New York and Oxford: Oxford University Press 1995, bl. 3

Later in dieselfde jaar het 'n engel, Moroni, aan Joseph Smith verskyn wat hom tot 'n heuwelpiek, Hill Cumorah naby Manchester, New York sou lei - die plek waar Moroni eeue vroeër die rekords van sy volk, wat in goue plate ingegraveer is, in die grond ingegrawe het. Smith het hierdie plate uitgegrawe en die tekste tussen 1827 en 1829 vertaal. In die volgende jaar is die werk onder die naam Boek van Mormon uitgegee - genoem na Mormon, Moroni se vader. Die boek lewer verslag van Jesus Christus se predikwerk onder die inheemse bewoners van die Nuwe Wêreld en word deur Kerklidmate erken as 'n bykomende getuienis of testament vir Jesus Christus en aanvullende boekdeel tot die Hebreeuse Geskrifte en die Griekse Nuwe Testament. Van die boektitel afgelei is die Kerk se bynaam - Mormoonse Kerk.

Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is amptelik deur Joseph Smith jr. op 6 April 1830 in Fayette in die VSA-deelstaat New York gestig - aanvanklik onder die naam The Church of Christ.Matthew Bowman: The Mormon People: The Making of an American Faith. New York, NY: Random House 2012, bl. xiii Dit was 'n natuurlike en maklike naamkeuse, maar 'n ander kerk met dieselfde naam het op dié tydstip reeds bestaan wat homself, onder leiding van Alexander Campbell (1788–1866), die seun van 'n Ierse Presbiteriaanse predikant, as die herstelde kerk van die Nuwe Testament beskou het.Christianity Today: Christian History - Alexander Campbell. Besoek op 31 Julie 2020

Om verwarring te voorkom, was Smith en sy aanhangers genoodsaak om 'n ander naam vir hulself te kies. Die huidige naam is vier jaar later, in April 1834, aangeneem. Die verwysing na Jesus Christus is in 1838 bygevoeg. As gevolg van kerklidmate se groot trek na die weste in die 19de eeu het die kerk sy hoofkwartier tans in Salt Lake City, die administratiewe hoofstad van Utah. Die eerste Mormoonse sendelinge het op 19 April 1853 by Kaapstad in Afrika aangekom.JG Cannon: Mormonism's Jesse Haven and the Early Focus on Proselytising the Afrikaner at the Cape of Good Hope, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 48 (3&4) / Sep/Des, bl. 446-456

Om teologiese redes kon swartes oorspronklik nie die priesteramp beklee nie - 'n oortuiging wat sendingwerk onder meer in Suid-Afrika belemmer het. Op 9 Junie 1978 is hierdie beperking laat vaar nadat die profeet en ander kerkleiers 'n sodanige openbaring van God ontvang het.Time, 9 Junie 2015: Why the Mormon Church Finally Let Black Men Into the Priesthood. Besoek op 27 Julie 2020 Die priesteramp is uitsluitlik toeganklik vir mans. Vroue speel nogtans 'n belangrike rol, onder meer in die Kerk se internasionale sendingwerk.

Heilige Skrifte en ander publikasies Kanon duimnael|'n Gekombineerde uitgawe van die Kerk se vier Heilige Skrifte Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae erken vier gekanoniseerde werke as Heilige Skrifte: die Bybel (King James Version, ook bekend as King James Bible, Authorized Version of English Bible of 1611, waarby Joseph Smith die uitgawe van 1769 gebruik het - met dien verstande dat hierdie Bybeluitgawe foute bevat wat per ongeluk ingesluip het, opsetlik as vervalste inligting ingevoeg is of ontstaan het deur dele van die oorspronklike teks weg te laat sodat vir 'n interpretasie van die teks moderne openbarings benodig word; wysigings is deur Smiith hoofsaaklik aangebring in die Genesis en die vier Evangelies), die Boek van Mormon ('n geskiedenis van die Amerikas voor die landing van Christophorus Columbus, en die besoek wat Jesus Christus aan hulle gebring het), Doctrine and Covenants (die openbarings van God aan Joseph Smith; oorspronklik saamgestel onder die titel A Book of Commandments - die nog ongebinde bladsye is in Julie 1833 deur aanvallers saam met die drukpers vernietig) en die Pearl of Great Price (die kleinste in die Kerk se kanon van vier werke, vir die eerste keer gepubliseer as 'n sendingtraktaat in 1851 en gekanoniseer in 1880, met die Boek van Moses - insluitende die bediening van die profeet Henog - en die Boek van Abraham, 'n uittreksel van Joseph Smith se hersiene Bybel met hoofstuk 24 van die Evangelie volgens Matteüs en 'n beknopte verhaal van Smith se vroeë lewe, die History, insluitende sy samevatting van die Kerkbelydenis, The Articles of Faith).

Dagblaaie