Las Vegas 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Nevada Koördinate  Gestig op 15 Mei 1905 Geïnkorporeer op 16 Maart 1911 Oppervlakte:    - Totaal 340 vk km  Hoogte bo seevlak 610 m Bevolking:    - Totaal (2020) 641 903  - Bevolkingsdigtheid 4 527,46/vk km  - Metropolitaanse gebied 2 265 461 Tydsone UTC -8 (PST)  - Somertyd UTC -7 (PDT Klimaat    - Tipe Woestynklimaatwww.klimadiagramme.de  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 19,3 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 7,3 / 32,4 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 109 mm Burgemeester Carolyn Goodman (O) Amptelike Webwerf lasvegasnevada.gov

Las Vegas (dikwels afgekort tot "Vegas") is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Nevada en ook een van die volkrykste metropole in die weste van die VSA. Die stad staan vandag veral bekend as 'n internasionale toeristesentrum en eersterangse bestemming vir handelskoue en konferensies soos die jaarlikse Consumer Electronics Show (CES), die belangrikste internasionale handelskou vir elektroniese verbruikersware. Die plaaslike toerismebedryf steun veral op dobbelary, groot winkelsentrums en Las Vegas se vermaaklikheidsbedryf.

duimnael|links|Lugaansig van Las Vegas duimnael|links|Las Vegas se middestad duimnael|links|Venezia all'americana: The Venetian Hotel & Casino Las Vegas word dikwels as die "Wêreld se Vermaaklikheidshoofstad" ("The Entertainment Capital of the World") beskryf – onder meer danksy die reusagtige luukse kasino's, die onbeperkte beskikbaarheid van alkoholiese dranke (net soos in die res van die deelstaat Nevada) en sy vermaak-industrie wat op volwassenes gemik is. Las Vegas, wat vroeër ook as Sin City bekend gestaan het, het daarnaas 'n gewilde toneel vir rolprente en televisieprogramme geword.

Las Vegas is in 1905 gestig en ses jaar later amptelik as 'n stad geïnkorporeer. Danksy die vinnige ekonomiese groei het Las Vegas tot die grootste Amerikaanse stad ontwikkel wat in die 20ste eeu gestig is. Die stad is op 29 ná die volkrykste metropool in die VSA, en sy metropolitaanse gebied vorm met sowat twee miljoen inwoners een van die belangrikste demografiese sentrums in die Amerikaanse weste.

Die naam Las Vegas word in die VSA ook dikwels gebruik om na die nie-geïnkorporeerde gebiede van Clark County te verwys, 'n gebied wat die stad omsluit en baie van die ontspanningsgebiede langs en naby Las Vegas Strip behels. Die bekende Las Vegas Boulevard met 'n totale lengte van 4,5 myl (7,2 kilometer) loop grotendeels buite die stadsgebied deur die nie-geïnkorporeerde nedersettings Paradise, Winchester en Enterprise.

Lugvervoer Die grootste lughawe in Las Vegas en Nevada is die Harry Reid Internasionale Lughawe by Paradise.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Kasino's

Kategorie:Vermaaklikheidsbedryf