Rusland is ’n federasie wat bestaan uit verskeie federale deelgebiede (Russies: субъект(ы); soebjekt(i)). Sedert 18 Maart 2014 is daar 85 federale deelgebiede, hoewel die twee mees onlangse gebiede wat bygevoeg is, internasionaal as deel van die Oekraïne beskou word.Kremlin.ru. Договор между Российской Федерацией и Республикой Крым о принятии в Российскую Федерацию Республики Крым и образовании в составе Российской Федерации новых субъектов (Treaty Between the Russian Federation and the Republic of Crimea on Ascension to the Russian Federation of the Republic of Crimea and on Establishment of New Subjects Within the Russian Federation) Rusland se deelgebiede het gelyke verteenwoordiging in die staatsdoema (2 afgevaardigdes per deelgebied), maar verskil in outonomie. Dit moet nie verwar word met Russiese federale distrikte nie.
Ses kategorieë Rusland onderskei die volgende ses kategorieë (soos op 18 Maart 2014): 22 republieke (Russies: республики) - teoreties outonoom. Elk van die republieke het ’n eie grondwet, president en parlement en is ’n tuisland vir ’n spesifieke etniese minderheid. In 2000 is die regte van hierdie gebiede egter weer ietwat ingeperk, onder meer deur die oorloë in Tsjetsjnië. 9 krais (distrikte) (Russies: края) - polities gelykstaande aan oblaste, maar yler bevolk. 46 oblaste (provinsies) (Russies: области) - die standaard-provinsies met ’n goewerneur wat deur die president aangewys word en plaaslik verkose wetgewende organe. 3 federale stede (stede van die federale betekenis) (Russies: города федерального значения) - aparte gebiede vir drie stede (Moskou, Sint Petersburg en Sewastopol). Vergelykbaar met oblaste. 1 outonome oblast (Russies: автономная область) – die tuisland wat deur Josef Stalin aangewys is vir Jode is ’n oorblyfsel van die staatkundige indeling van die Sowjetunie en die enigste oblast wat naas Russies ook ’n ander amptelike taal het (Jiddisj). Die Joodse bevolking in die gebied het egter baie afgeneem en maak nou net ’n klein deel van die bevolking uit. 4 outonome okroegs (Russies: автономные округа) – gebiede van etniese minderhede wat binne oblaste geleë is. Dié volke is gewoonlik klein en het minder outonomie as die outonome republieke, maar meer as die oblaste. 600px|center
Federale deelgebiede In die onderstaande tabel is al die federale deelgebiede met hul hoofstad, federale distrik en ekonomiese streek. Hulle is in dieselfde volgorde as in die Grondwet van die Russiese Federasie: republieke, krais, oblaste, federale stede, outonome oblast en outonome okroegs. In dié kategorieë word elke deelgebied alfabeties gerangskik volgens hul Russiese name in die Cyrilliese alfabet.