Tomsk-oblast (Russies: Томская область; Tomskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die suidooste van die Wes-Siberiese Vlakte, in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik. Die ontwikkeling van die gebied het vroeg in die 17de eeu begin en die stad Tomsk is in 1604 gestig. Die grootste deel van die oblast is moeilik bereikbaar weens taiga, bosse en moerasse. Die streek grens aan die Krasnojarsk-krai en die oblaste Tjoemen, Omsk, Nowosibirsk en Kemerowo.

Tomsk-oblast is ryk aan grondstowwe soos olie, aardgas, turf en ondergrondse water. Sowat 20% van die Wes-Siberiese bosse is in dié oblast. Die nywerheid sorg vir byna die helfte van die BNP, landbou dra 19% by en konstruksie 13%. Die chemiese en olienywerheid is die beste ontwikkel in die streek, gevolg deur masjienbou. Die belangrikste uitvoerprodukte is olie (62,1%), metanol (30,2%), masjiene en uitrusting (4,8%).

Grootste stede Tomsk (Томск) – 487 838 inwoners Sewersk (Северск) – 109 106 Strezjewoi (Стрежевой) – 43 815 Kolpasjewo (Колпашево) – 28 441 Asino (Асино) – 28 068 Melnikowo (Мельниково) – 9 717 Kargasok (Каргасок) – 8 547 Togoer (Тогур) – 8 418 Beli Jar (Белый Яр) – 8 221 Aleksandrofskoje (Александровское) – 7 976 Kozjewnikowo (Кожевниково) – 7 947 Swetly (Светлый) – 7 514 Baktsjar (Бакчар) – 7 174 Zirjanskoje (Зырянское) – 6 267 Timirjazefskoje (Тимирязевское) – 6 211 Parabel (Парабель) – 6 209 Moltsjanowo (Молчаново) – 6 091 Kiwosjejino (Кривошеино) – 5 993 Perwomaiskoje (Первомайское) – 5 800 Samoes (Самусь) – 5 690

Riviere Ob (Обь) Tom (Томь) Tsjoelim (Чулым) Tsjaja (Чая) Ket (Кеть) Parabel (Парабель) Wasjoegan (Васюган) Tim (Тым)

Eksterne skakels

Goewerneur

Kategorie:Russiese oblaste