duimnael|'n Koppie swart koffie (sonder melk) duimnael|Koffieborrels van naby beskou duimnael|Die Chinese Saal (Sala Cinese) in die Caffè Florian, tans die oudste koffiehuis ter wêreld, sedert 1720 geleë op Venesië se Piazza San Marco (Sint Markusplein). Die Venesiaanse tradisie van koffiehuise strek verder terug tot omstreeks 1645 Koffie (Turks kahve vanaf Arabies قهوة qahwa, wat "stimulerende drank" beteken) is 'n wyd genuttigde stimulerende drankie wat met geroosterde sade voorberei word. Hierdie sade, wat algemeen bekend staan as koffiebone, is afkomstig van die koffieplant. Koffie is vir die eerste keer in die 9de eeu gedrink, toe dit in die hooglande van Ethiopië ontdek is.Mekete Belachew, "Coffee," in von Uhlig, Siegbert, ed., Encyclopaedia Aethiopica (Weissbaden: Horrowitz, 2003), bl.763. Van daar het dit na Egipte en Jemen versprei en teen die 15de eeu het dit ook Persië, Turkye en Noord-Afrika bereik. Vanuit die Moslemwêreld (hoofsaaklik die Ottomaanse Ryk) het koffie na Venesië en Italië versprei, en toe na die res van Europa en die Amerikas.Meyers, Hannah: "Suave Molecules of Mocha" -- Coffee, Chemistry, and Civilization , Maart 2005. Verkry op 3 Februarie 2007. Vandag is koffie een van die gewildste drankies ter wêreld..Villanueva, Cristina M.; Cantor, Kenneth P.; King, Will D.; Jaakkola, Jouni J. K.; Cordier, Sylvaine; Lynch, Charles F.; Porru, Stefano; Kogevinas, Manolis (2006). Total and specific fluid consumption as determinants of bladder cancer risk in die International Journal of Cancer. Volume 118:8. Bl. 2040–2047.
Koffiebessies, wat die koffiesade, of "bone", bevat, word deur verskeie spesies van die klein, immergroen bos van die genus Coffea geproduseer. Die twee algemeenste spesies is Coffea canephora (ook bekend as Coffea robusta) en Coffea arabica, wat in Latyns-Amerika, Suidoos-Asië en Afrika verbou word. Wanneer hulle ryp is, word die bessies gepluk, geprosesseer en laat droog. Die sade word dan gerooster, waardeur dit 'n aantal fisiese en chemiese veranderinge ondergaan. Die mate, waartoe dit gerooster word, hang af van die smaak wat verlang word. Hulle word dan dikwels gemaal en gebrou, met koffie as die eindresultaat. In 1877 het die Oostenrykse entrepreneur Julius Meinl II 'n omwenteling in die koffiebedryf teweeggebring deur sy eie roostermetode te ontwikkel waarby koffiebone nie meer regstreeks aan verhittingsgasse blootgestel is nie wat die koffie 'n onaangename bysmaak gegee het. Koffie kan voorberei en bedien word op 'n verskeidenheid maniere.
Deur die loop van die moderne geskiedenis het koffie in baie samelewings 'n belangrike rol gespeel. In Afrika en Jemen is dit tydens godsdienstige seremonies gebruik. Die Ethiopiese Kerk het die nuttiging van koffie gevolglik verban, tot en met die heerskappy van Keiser Menelik II.Richard Pankhurst, Economic History of Ethiopia (Addis Ababa: Addis Ababa Universiteit, 1968), bl. 198 In die 17de eeu is dit in die Ottomaanse Ryk verban vir politieke redes en is dit geassosieer met oproerige politiese aktiwiteite in Europa.
Koffie is 'n belangrike handelsproduk: in 2004 was dit die mees uitgevoerde produk in twaalf landeFAO Statistical Yearbook 2004 Vol. 1/1 Table C.10: Most important imports and exports of agricultural products (in value terms)(2004). FAO Statistics Division, 2006. en in 2005 was dit die wêreld se sewende grootste wettige landboukundige uitvoerartikel. FAOSTAT Core Trade Data (commodities/years). FAO Statistics Division, 2007. Om die waardes te verkry: kies "commodities/years". By "subject", kies "Export value of primary commodity." Onder "country," kies "World." Onder "commodity," hou die shift-sleutel in en kies al die kommoditeite in die "single commodity"-kategorie. Kies die jaar wat verlang word en kies dan "show data". Die verbouing van koffie en die impak daarvan op die omgewing word met ligte omstredenheid bejeën. Baie studies het die verhouding tussen die drink van koffie en sekere mediese toestande ondersoek; of die effekte van koffie positief of negatief is, word steeds betwis.Kummer, Corby (2003). The Joy of Coffee, bl 160–165.
In Afrikaans staan koffie ook as "boeretroos" bekend en word algemeen gebruik om 'n koppie koffie te beskryf wat tipies swart, sonder room of melk met suiker aangebied word.
Verbouing Koffie, 'n drankie wat gemaak word van die geroosterde, gemaalde sade van die koffieplant (genus Coffea), is waarskynlik eeue gelede al gedrink in Kaffa (Suid-Ethiopië), die land waar koffie oorspronklik vandaan kom. Koffie het 'n stimulerende uitwerking omdat dit kafeïen, 'n alkaloïede, bevat. Arabiere wat na Ethiopië gereis het, het koffiesade huis toe geneem en so het die eerste koffiehuise ontstaan. Ondanks besware van geestelike leiers teen die stimulerende uitwerking van koffie het die gebruik vinnig toegeneem. Vanweë die handelsbetrekkinge met die Ooste het koffie ook na Europa versprei. Die gewildheid van koffie het meegebring dat die verbouing daarvan uitgebrei is. Die Nederlanders het in 1690 met die verbouing van koffie in Java begin en daarna in Ceylon Sri Lanka. In 1706 is plantjies na Nederland gebring. Hulle is in kweekhuise gekweek en van Nederland af na feitlik die hele wêreld versprei. In 1713 het Lodewyk XIV 'n koffiestruik as geskenk ontvang en van Frankryk al is koffie na die Karibiese gebiede versprei. Van Nederland al is koffie ook na Suriname versprei en van daar af na Brasilië. Die verbouing van koffie in Kuba het in 1748 begin.
Produksiegebiede duimnael|'n Koffieboom met vrugte duimnael|Ruwe koffiebone duimnael|Helder geroosterde koffiebone Verskeie spesies van die genus Coffea word koffie genoem. Die spesies is hoofsaaklik struike wat tot die familie Rubiaceae behoort. Een van die spesies, Coffea arabica, groei vandag steeds wild in Ethiopië. Hier word die plante 10 tot 15 m hoog.
By koffieplantasies word die plante gereeld gesnoei en op 'n hoogte van 3 m gehou omdat dit andersins moeilik sou wees om die sade te oes. Koffie moet in humusryke, poreuse grond met 'n lae suurgehalte gekweek word en daarom is die verbouing van die plant beperk tot die streke wat tussen 25° NB en 40° SB geleë is. Brasilië is die belangrikste koffieprodusent, gevolg deur Colombia, die Ivoorkus, Uganda, Mexiko, Angola, Ethiopië en Guatemala.
Die belangrikste koffiespesies is Coffea arabica (ongeveer 70% van wêreldproduksie), Coffea canephora (lewer onder meer robustakoffie op), wat ongeveer 30% van die wêreldproduksie verskaf en Coffea liberica (ongeveer 1% van die wêreldproduksie). Daar is 'n groot hoeveelheid kultivars waaronder Bourbon, 'n variëteit van C. arabica, wat veral in Brasilië verbou word. C. canephora is afkomstig van Afrika-oerwoude wat aan die ewenaar geleë is. C. canephora is effens groter as C. arabica wat blare betref, maar die vrugte en blomme is kleiner. Die kwaliteit van robustakoffie is merkbaar swakker as die van C. arabica en robustakoffie word daarom dikwels met ander beter koffies gemeng en baie in poeierkoffie gebruik. C. liberica groei hoofsaaklik in die vogtige laaglande van Liberië in Wes-Afrika. Die spesie is vroeër op groot skaal in Suriname verbou, maar word vandag feitlik nêrens meer verbou nie.
Die belangrikste koffieprodusente in Suidelike Afrika is Angola, Madagaskar, Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dié vier lande se produksie het sedert die vroeë sewentigerjare ingrypend verminder, hoofsaaklik as gevolg van toestande in Angola. Waar die lande in die eerste helfte van die sewentigerjare 6,5 miljoen sakke (van 60 kg elk) koffie per jaar gelewer het, het hulle produksie in die vroeë tagtigerjare maar 3,9 miljoen sakke per jaar bedra. In dieselfde tydperk het Angola 350 000 sakke koffie per jaar gelewer, wat maar 'n klein gedeelte van die produksie was gedurende die vroeë sewentigerjare.
Die redes vir die afname in produksie is eerstens administratiewe en tegniese onbekwaamheid en onvoldoende geriewe wat uitvoer betref, en tweedens die oorlog wat in die noordelike koffieproduserende gebiede heers. Die produksie van koffie in Madagaskar het toegeneem, terwyl toestande in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Tanzanië min of meer dieselfde gebly of gestagneer het. Koffie word nie op groot skaal in Suid-Afrika verbou nie omdat hier nie 'n groot vraag na koffie van hoë gehalte is nie. Pogings om koffie ekonomies te verbou is in 1925 en 1952 aangewend toe koffiepryse baie hoog was, maar sonder welslae. In 1982 het die Koffiekorporasie van Suid-Afrika egter weer begin met 'n skema om die produksie van koffie in Suid-Afrika te verhoog.
Klimaatstoestande vir die verbouing van koffie Temperatuur en reënval is die belangrikste faktore wat die verbouing van koffie beïnvloed. Coffea arabica moet in hoogliggende gebiede (1 000 m en hoër) met 'n gemiddelde jaartemperatuur van 16 tot 20 °C verbou word. Die reënval moet verkieslik reëlmatig oor 8 tot 10 maande van die jaar versprei wees.
Twee tot 4 droë maande is noodsaaklik vir die vorming van blomme en vrugte. Die robusta-variëteite kan in laagliggende gebiede met 'n gemiddelde jaartemperatuur van 22 tot 26 °C verbou word. Die variëteite is beter as arabica bestand teen siektes en plae wat koffieplante bedreig.
Gewoonlik word koffieplante onder skadugewende bome geplant. Die skaduwerking reguleer die temperatuur, verdamping en die voggehalte. Op die manier word die klimaatstoestande van die koffieplantasie kunsmatig verbeter. Koffieplante sal niks oorkom as hulle vir kort periodes aan koue blootgestel word nie, maar ryp en sterk winde kan baie skade aanrig.
Verbouing Koffieverbouing word hoofsaaklik met geselekteerde plante beoefen. Die sade van die geselekteerde plante word eers in beddings gekweek en wanneer die plantjies 9 maande oud is, word die bestes uitgeplant in die plantasie. Nuwe plante kan ook verkry word deur steggies van bestaande plante te sny of deur lote te ent.
Na 'n jaar word blomme op die takke gevorm. Dit duur 8 tot 12 maande na bestuiwing voordat die vrug ryp is. In streke met 'n nat en 'n droë periode lewer die koffieplantasies een oes, maar in streke met 2 droë periodes blom die plante 2 maal en lewer die plantasie dus 2 oeste per jaar. Koffie word gewoonlik met die hand geoes. Die vrugte (verkeerdelik bessies of bone genoem, want dit is steenvrugte) het 2 sade. Indien dit gedurende die bloeiseisoen baie reën, kan windbestuiwing nie optimaal plaasvind nie. Dit gebeur dan dikwels dat net een saad per vrug gevorm word. Die verskynsel kom veral voor by Coffea liberica en Coffea canephora. By Coffea arabica vind selfbestuiwing plaas en 'n oormaat reën het dus geen uit werking op die vorming van sade nie.
Siektes Koffieplantasies word deur verskeie skimmel- en ander siektes bedreig. Die algemeenste siekte is skimmel op die blare, wortels en stingels. Koffieroes (Hemileia vastalix) kom veral voor op plantasies in vogtige laaglande. Dit is 'n skimmelsiekte wat veroorsaak dat die blare afsterf (koffieblaarsiekte of koffieroes). In Indonesië en Sri Lanka het die siekte byna al die plantasies met C. arabica uitgeroei. Koffieverbouers in Indonesië het daarom omgeskakel na robustakoffie, wat minder vatbaar is vir die skimmelsiekte.
Meeldou (genus Oidium) is ook ʼn bedreiging vir koffieplante. In Oos-Afrika het koffieverbouers te kampe met 'n koffieboonsiekte wat veroorsaak word deur 'n skimmel, Collecotrichum coffeanum, wat die bone aantas. Die wortelskimmel wat die meeste voorkom, is Fomes noxius. Die siektes word hoofsaaklik met chemiese middels bestry. In Portugal word die moontlikheid van roesbestande koffieplante ondersoek. Dit kan moontlik bewerkstellig word deur kruisteling met gekultiveerde en wilde spesies.
Verwerking Omdat die vrugte van dieselfde oes nie almal op dieselfde tyd ryp word nie, word koffie in drie reekse gepluk. Die koffie wat van die eerste oes verkry word, is van die beste gehalte. Koffievrugte is rooi, langwerpig en lyk soos 'n bessie. Die vrug se vleis word onmiddellik verwyder nadat dit gepluk is.