Angioskopie is ’n mediese tegniek om na die binnekant van bloedvate te kyk. ’n Buigbare veselbondel-endoskoopkateter word direk in ’n slagaar gedruk. Dit kan help in die diagnose van byvoorbeeld verstoppings in die slagaar.MDGuidelines > Arterial Embolism And Thrombosis Uit The Medical Disability Advisor deur Presley Reed, MD. Besoek op 30 April 2010
Angioskopie word ook tydens ’n aaromleiding gebruik om kleppe in die are te sien. Die instrument waarmee ’n angioskopie uitgevoer word, word ’n angioskoop genoem. Skanderende veselendoskopie is ’n nuwe tegniek waarmee beelde met ’n hoër resolusie geneem kan word.
Kroonslagaar-angioskopie, wat eers gebruik is om die teenwoordigheid van ’n bloedklont te sien in die kroonslagare van pasiënte met angina en hartaanvalle, word nou algemeen in laboratoriums gebruik om stente te sien.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mediese prosedures