Hipnos was in die Griekse mitologie die god van slaap. Sy ekwivalent in die Romeinse mitologie was Somnus. Van Hipnos se naam is die woord "hipnose" afgelei.James H. Mantinband. Concise Dictionary of Greek Literature. New York: Philosophical Library, 1962.

Beskrywing Hipnos is die seun van Nyx ("Nag") en Erebus ("Donkerte"). Sy broer is Tanatos ("Dood"). Albei broers woon in die onderwêreld (Hades) of in Erebus, ’n ander vallei van die Griekse onderwêreld. Vlgens gerugte woon Hipnos in ’n groot grot, waaruit die rivier Lethe ("Vergeetagtigheid") kom en waar dag en nag ontmoet. Geen lig of klank kom ooit by sy grot in nie.

Volgens Homeros woon hy op die eiland Lemnos, wat later beweer is sy eie droomeiland was. Hy is glo ’n kalm en sagte god, want hy help mense wat hulp nodig het en besit die helfte van hulle lewe vanweë hulle slaap.Wilhelm Vollmer: Wörterbuch der Mythologie aller Völker. Reprint-Verlag, Leipzig 2003 (nuwe uitg.), , bl. 263.Scott C. Littleton: Gods, Goddesses, and Mythology, Volume 4. Marshall Cavendish/Tarrytown, New York (US) 2005, , ble. 474–476.

Hipnos se vrou is Pasitea, een van die jonger Grasieë, en is aan Hipnos belowe deur Hera, die godin van huwelike en geboortes. Pasitea is die godin van hallusinasie en ontspanning.

Verwysings

Skakels Die Theoi-projek, "PASITHEA"

Kategorie:Griekse gode