(Afrikaans: Jubel, juig), K. 165, is 'n motet wat in 1773 deur Wolfgang Amadeus Mozart gekomponeer is.

Geskiedenis Hierdie religieuse motet vir solostem is gekomponeer toe Mozart in MilaanK. Kuster, M. Whittall, Mozart: A Musical Biography, Oxford University Press, p. 25 gebly het vir die uitvoering van sy opera Lucio Silla in die Teatro Regio Ducal (speelvak 26 Desember 1772 tot 25 Januarie 1773). Die motet is gekomponeer vir die castrato Venanzio Rauzzini,L. Schenbeck (1996). Joseph Haydn and The Classical Choral Tradition, Hinshaw Music, p. 235P. Barbier (1989). The World of the Castrati: The History of an Extraordinary Operatic Phenomenon, transl. M. Crosland, Souvenir Press, p. 179 wat die vorige jaar die manlike hoofrol in Lucio Silla gesing het en wie se tegniese uitnemendheid Mozart hoog aangeslaan het. Die eerste uitvoering het op 17 Januarie 1773 in die Theatynse Kerk plaasgevind, terwyl Rauzzini in die aande nog in Mozart se opera gesing het.Hermann Abert, Mozart, (1909), transl. and revised by Cliff Eisen, Yale UP, 2007, pp. 150–1 Mozart het rondom 1780 'n paar hersienings aangebring.C. Eisen, S. Sadie. The New Grove Mozart Macmillan (2002), p. 11 Op 30 Mei 1779, 'n Drie-eenheidsondag, is 'n hersiene weergawe deur Francesco Ceccarelli in die Drievuldigheidskerk in Salzburg uitgevoer. 'n Ander hersiene weergawe is vir Kersfees bedoel. Die manuskripte van dié twee Salzburg-weergawes is in 1978 ontdek in St. Jakob, Wasserburg am Inn. Deesdae word die motet deur 'n vroulike sopraan gesing.

Struktuur

Exsultate jubilate – Allegro ( F-majeur ) Fulgetamica dies – Secco-resitatief Tu virginum corona – Andante (A-majeur ) Alleluia – Molto allegro (F-majeur)

Hoewel dit (slegs in naam) vir liturgiese gebruik gekomponeer is, toon die motet baie kenmerke van Mozart se konsertarias, soos dié wat aan sy operas ontleen is.Corneilson (2006) Paul. "Arias, Concert" Cambridge The Cambridge Mozart Encyclopedia, C. Eisen, Keefe (editors), Simon P., Cambridge University Press, p. 21 Mozart het ook elemente van die konsertvorm in hierdie motet aangewend.Küster, Whittall (1996) Konrad, Mary. Oxford Mozart: a Musical Biography Oxford University Press, p. 41

Libretto Hoewel die outeur van die Latynse teks onbekend is, is die vermoede dat dit Rauzzini is.K-165, Britannica.com Wees vrolik en jubel,

o geseënde siele.

Sing soete gesange,

en in antwoord op jul gesange

laat die hemele saam met my sing.Die vriendelike dag skyn

en sowel wolke as storms het gevlug,

want die vromes het

'n onverwagte stilte laat ontstaan.

[Voorheen] het 'n donker nag orals geheers;

staan op, julle wat uiteindelik gelukkig is

en tot nou toe bevrees was,

en, nou bly oor die geseënde oggend,

gee [mekaar] kranse en lelies met die regterhand.U, kroon van maagde,

gee u ons vrede,

troos u ons emosies

waarvan oins harte sug.

Halleluja! Die eerste en tweede dele van die eerste Salzburg-weergawe verskil egter: Wees vrolik en jubel,

o geseënde siele,

die groot Drie-eenheid is onthul

en word oral vereer;

bring Dit eer.

Die groot Drie-eenheid word vereer,

bring Dit eer.Uiteindelik het die uur aangebreek

waarin ons God in gees en waarheid aanbid,

en sy Naam is groot in elke plek.

Laat die verskuldigde offerande aan Hom gebring word;

laat ons nou deur Maria in geloof die bron van welwillendheid nader,

die troon van genade,

sodat ons diensbaarheidmeer aanvaarbaar mag wees. Die tweede Salzburg-weergawe verskil slegs in die eerste strofe: Wees vrolik en jubel,

o geseënde siele,

[Hy wat] vlees geword het, wat mens geword het

word oral vereer;

Die Groot Drie-eenheid word vereer,

bring Dit eer!

Diskografie Arleen Augér en die Bavarian Radio Symphony Orchestra, gelei deur Leonard Bernstein, Deutsche Grammophon CD 431-791-2 (1991) en DVD 00440-073-4240 (2006)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Komposisies uit 1773 Kategorie:Artikels met bronne in Duits (de)