Die Mercedes-Benz M282 is 'n inlynviersilinder-petrolenjin wat sedert 2018 vervaardig word. Dit is saam met Renault ontwikkel en is die opvolger van die 1.6 L-variant van die M270-enjin.
Ontwerp Die M282 is ontwikkel met Renault as deel van Daimler se samewerking met die Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie. Die M282 deel dieselfde ontwerp met die Renault H5Ht-enjin, met 'n DBNA en direkte inspuiting. Die M282 is ook die eerste Mercedes inlynvier-enjin met silinderdeaktivering (op die tweede en derde silinders), asook 'n deeltjiefilter vir die enjin. Dit word vervaardig deur MDC Power GmbH by die Kölleda-aanleg in Thüringen, Duitsland.
Kategorie:Mercedes-Benz-enjins