Die Cree (Cree: Néhinaw, Néhiyaw) is 'n inheemse etniese groep wat tussen die Rotsgebergte in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste bly, waarmee die Cree die grootste verspreidingsgebied van al die inheemse volke van die Amerikas het. Hul huidige gebied lê in die hedendaagse Kanadese provinsies en gebiede Alberta, Saskatchewan, Manitoba, Ontario, Brits-Columbië, Quebec, Newfoundland en Labrador, Noordwestelike gebiede en Nova Scotia, asook die Amerikaanse deelstaat Montana.
duimnael|links|Hedendaagse verspreiding van Cree in Kanada Hulle verwys na hulself as Ayisiniwok en Aha payew – "ware mense" of met die betekenis "die volk" as Iniwak, Iyiniwok, Eenou, Iynu of Eeyou. Later het verskeie groepe na hulleself as Wi Iniwak of Wiyiniwak verwys wat "volk met 'n gemengde herkoms" beteken. Cree Glossary
In Kanada bly meer as 350 000 Cree of mense met 'n Cree-herkoms. Die meeste Cree in Kanada bly noord en wes van die Bowemeer, in Ontario, Manitoba, Saskatchewan, Alberta en die Noordwestelike gebiede. Sowat 27 000 Cree bly in Quebec.
In die Verenigde State bly die Cree tradisioneel wes van die Bowemeer. Vandag bly hulle veral in Montana, waar hulle die Rocky Boy Indian Reservation met die Ojibwe (Chippewa) deel.
Die gedokumenteerde migrasie na die weste oor die tyd heen hou sterk verband met hul rolle as handelaars en jagters binne die Noord-Amerikaanse pelshandel.
Verwysings
Verdere leesstof Boyce Richardson: Strangers devour the Land. A Chronicle of the Assault upon the last coherent Hunting Culture in North America, the Cree Indians of northern Quebec, and their vast primeval homelands. Alfred A. Knopf, New York 1976, .
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Indiane