duimnael|Parasiet Onchocerca volvulus klim uit die antenne van 'n swart vlieg Albert John Hesse (1895–1987) was 'n Suid-Afrikaanse entomoloog. Hy was 'n kurator aan die Suid-Afrikaanse Museum vir een en vyftig jaar. Sy werk het hoofsaaklik op twee families van die vlieg gefokus, naamlik Bombyliidae en Mydidae. Hy het die monumentale werk A revision of the Bombyliidae (Diptera) of Southern Africa geskryf.
Biographie Hesse is op 4 November 1895 in Potchefstroom gebore, waar hy van 1904 tot 1909 skoolgegaan het. Hy was op hoërskool in Wellington (1909-1913), die South African College Schools in Kaapstad (1914) en het in 1915 aan die Hoërseunskool in Stellenbosch gematrikuleer.
Hy het sy universiteitsopleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad in 1916 begin, maar in 1917 na die Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria verskuif, waar chemie, dierkunde en geologie sy hoofvakke was. In 1918 het hy 'n BSc.Hons-graad behaal en sy doktorsgraad in dierkunde en Parasitologie aan die Universiteit van Edinburgh in 1922 voltooi.
Hy het na-doktorale navorsing in parasitologie gedoen tot 1924 toe hy die pos van entomoloog aan die Suid-Afrikaanse Museum aanvaar het. Gedurende sy diensperiode het hy gereeld velduitstappies onderneem na Suidwes-Afrika, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die Karoo.
Op 4 Oktober 1927 is hy met Elizabeth Susanna Hanekom getroud in Kaapstad.
Hy het in 1974 na 51 jaar diens by die Suid-Afrikaanse Museum afgetree. Hy is op 11 November 1987 in Somerset-Wes oorlede.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1895 Kategorie:Sterftes in 1987 Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse bioloë Kategorie:Entomoloë