2020 QG, ook bekend as ZTF0DxQ, is ’n naby-aarde-asteroïde met ’n deursnee van ’n paar meter. Dit behoort tot die Apollogroep en het op 16 Augustus 2020 op ’n afstand van sowat 2 950 km (minder as ’n kwart van die Aarde se deursnee) bo die oppervlak van die Aarde verbybeweeg. Dit is op dieselfde dag deur die Zwicky Transient Facility (ZTF) by die Palomar-sterrewag afgeneem, sowat ses uur ná sy naaste afstand aan ons planeet, en is later deur Kunal Deshmukh, ’n student aan die Indiese Instituut vir Tegnologie Bombaai, en kollegas Kritti Sharma en Chen-Yen Hsu geïdentifiseer terwyl hulle foto's van die ZTF ontleed het.
2020 QG was sover bekend nader aan die Aarde as enige ander asteroïde, buiten dié wat die Aarde getref het. Met ’n absolute magnitude van 29,8 is die deursnee daarvan na raming sowat drie tot ses meter.
+Naaste asteroïdes aan die Aarde Asteroïde Datum Afstand vanaardoppervlak Onsekerheid innaderingsafstand Verwysing 2020 QG 2020-08-16 2 946 km ±20 km 2011-02-04 5 481 km ±5 km 2019-10-31 6 242 km ±200 km 2008-10-09 6 259 km ±1 000 km 2004-03-31 6 542 km ±1 5000 km
Wentelbaan en klassifikasie 2020 QG wentel elke 2,7 jaar (990 dae) op ’n afstand van sowat 1,0-2,9 AE om die Son. Sy wentelbaan het ’n eksentrisiteit van 0,49 en ’n helling van 5,5° teenoor die sonnebaan. Die nabyverbyvlug verby die Aarde in Augustus 2020 het die asteroïde se wentelperiode verkort van 990 tot 964 dae. (Ephemeris Type: Elements Center: @sun)
In Mei 2020, voor enige versteurings deur die Aarde, het die asteroïde ’n minimum wentelbaankruisingsafstand van 0,00027 AE (40 000 km) met die Aarde gehad. Ure voor die nadering van die Aarde was dié afstand 0,0001 AE (15 000 km), maar die versteuring vanweë die nabyverbyvlug het die wentelbaan verander en dit nader aan die Aarde gebring.
Opspoorbaarheid Asteroïdes wat omtrent net so groot soos 2020 QG is, is moeilik om op te spoor, want hulle is klein en dus dof. Tussen 2010 en 2020 was die asteroïde nie helderder as skynbare magnitude 31 nie. Dit is sowat 10 000 keer so dof as die minimum ontdekkingsmagnitude van 21. Die Hubble-ruimteteleskoop benodig ’n beligtingstyd van drie weke om voorwerpe met ’n magnitude van 31 af te neem.
Tydens sy nadering in 2020 het 2020 QG dowwer as magnitude 24 gelyk totdat dit ’n son-elongasie van net 60 grade gehad het. Die asteroïde is afgeneem toe dit ’n son-elongasie van 125 grade gehad en sy magnitude sowat 19 was.
Sien ook Naby-aarde-voorwerpe
Verwysings
Skakels
"ZTF Finds Closest Known Asteroid to Fly By Earth", Whitney Clavin, Caltech, 18 Augustus 2020
Kategorie:Nabyaarde-asteroïede