John Edward James (gebore 8 Junie 1981) is 'n Amerikaanse politikus, sakeman en oorlogsveteraan. Hy was die Republikeinse Party se kandidaat vir die senaatsverkiesing vir Michigan in 2018, maar het kortgekom teen die ingesetene, Debbie Stabenow van die Demokrate. James is 'n kandidaat vir die Senaat in die 2020 verkiesing. James het van 2004 tot 2012 in die Amerikaanse Leër gedien. Na eervolle ontslag het hy aangesluit by sy familie se besigheid.

Opvoeding en militêre diens James matrikuleer in 1999 aan Brother Rice High School in Michigan.Jeremy W. Peters, John James, Black and Republican, Thinks He Can Crack the 'Blue Wall' in Michigan, New York Times (3 Augustus 2018). Hy gradueer daarna aan die Militêre Akademie van die Verenigde State (West Point) Chad Livengood, Detroit businessman John E. James moves into campaign mode for U.S. Senate, Crain's Detroit Business (18 Julie 2017). in 2004, en dien daarna agt jaar in die Amerikaanse Leër en neem deel aan verskeie toere tydens "Operation Iraqi Freedom", waar hy as 'n AH-64 Apache -vlieënier dien. Hy woon die Ranger School by en verwerf die nodige kwalifikasies, maar word nie deel van die 75ste Ranger Regiment nie, en is daarom nie deur die Amerikaanse Leër as 'n "Army Ranger" beskou nie.

James het meestersgrade aan die Penn State Universiteit se Smeal College of Business en die Universiteit van Michigan se Ross-sakeskool verwerf.

Politiese loopbaan 2018 veldtog vir die V.S.A. Senaat In September 2017 neem James deel aan die Republikeinse voorverkiesing vir die 2018 Amerikaanse senaatverkiesing vir Michigan in 'n poging om die drietermyn-ingesetene Debbie Stabenow se plek in te neem en daarmee sodoende Michigan se eerste swart senator te word. Ten spyte daarvan dat die musikant en Michigan boorling Kid Rock 'n potensiële veldtog oorweeg het, het die voorverkiesing in Michigan neergekom op 'n stryd tussen James en die Grosse Pointe sakeman Sandy Pensler. James is op 27 Julie 2018, elf dae voor die Republikeinse voorverkiesing, deur President Donald Trump aanbeveel. James het die GOP nominasie gewen met 55% van die stemme.

James het egter uiteindelik kortgekom teen Stabenow en is op 6 November 2018 verslaan met 45,8% van die stemme teenoor Stabenow se 52,3% in die verkiesing.

2020 veldtog vir die V.S.A Senaat Omdat die verkiesingsmarge tydens die veldtog vir die Senaat in 2018 kleiner was as wat verwag is, het James 'n voorloper geword vir die Republikeinse nominasie om die ander ingesetene Demokratiese senator, Gary Peters, in die 2020-verkiesing aan te vat. In Junie 2019 is berig dat bykomend daartoe dat hy Peters aan gaan vat, die Nasionale Republikeinse Kongres Komitee vir James gewerf het om die Demokraat Haley Stevens in Michigan se elfde kiesafdeling uit te daag.

Op 6 Junie 2019 het James aangekondig dat hy die Republikeinse nominasie in 2020 wil najaag om Peters uit te daag. Michigan is een van twee state waar 'n demokratiese senator herverkiesing in 2020 sal nastreef in 'n staat wat President Trump gewen het in die 2016 presidensiële verkiesing.

Politiese oogpunte Tydens die veldtog vir die Senaat in 2018 het James op 'n tipiese Republikeinse grondslag aan die veldtog deelgeneem. James se veldtogwebwerf het hom beskryf as 'n 'pro-lewe (anti-aborsie), pro-tweede wysiging (Dit wil sê 'n wysiging van die Amerikaanse Grondwet wat handel oor wapenregte, en aan elkeen die reg gee om wapens te dra), pro-besigheid, konserwatiewe kandidaat'.

Mnr. James ondersteun die ontbinding van Planned Parenthood. In 2018 vergelyk James Roe v. Wade, die uitspraak van die Hooggeregshof van die Verenigde State ingevolge waarvan aborsie gewettig is, met volksmoord.James het Ted Cruz gesteun tydens die Republikeinse Party se presidensiële voorverkiesings in 2016, maar het later 'n Donald Trump-ondersteuner geword, en in 2018 getwiet dat, indien hy verkies sou word tot die senaat, hy President Trump 2000% sou steun.

Mnr. James is gekant teen die wettiging van cannabis.

James ondersteun die herroeping van die "Patient Protection Act and Affordable Care Act", wat hy in 2018 'n "monstrositeit" genoem het.

Hy is gekant teen stede as toevlug vir onwettig immigrante ("illegal aliens") en beleide wat daarmee gepaardgaan.

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels John James for Senate Tuisblad: James Group International

Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse politici