Die Tupí-tale bevat sowat 70 tale wat in Suid-Amerika gebesig word en aan die inheemse tale van die Amerikas behoort. Die Tupí-taal en Guaraní is waarskynlik van die bekendste Tupí-tale.
duimnael|links|Die Onse Vader in Guaraní Die Tupí-tale is een van die mees verspreide inheemse taalfamilies in die laagland van die oostelike Suid-Amerika. Van die tale word in groot dele van Brasilië, Paraguay, die oostelike Bolivië, Frans-Guyana, dele van die noordelike Argentinië, asook in perifere gebiede van die noordoostelike Peru en die suidoostelike Colombia gebesig. Die Tupí-tale word deur etlike miljoen mense gebesig, alhoewel die verspreiding van enkele take en tale ongelyk is. Die verreweg belangrikste tak van die Tupí-tale is die Tupí-Guaraní-tale. Guaraní, wat aan dié tak behoort, word deur meer as vier miljoen mense in Paraguay gebesig, terwyl al die oorblywende tale altesaam net minder as 200 000 sprekers het en van die tale ernstig bedreig is.
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Suid-Amerika