300px|thumb|Die Ridder se Droom, deur Antonio de Pereda (1655). ’n Droom is ’n opeenvolging van beelde, idees, emosies en sensasies wat gewoonlik onwillekeurig in die gedagtes voorkom tydens sekere stadiums van slaap. Die inhoud en doel van drome word nie heeltemal verstaan nie, hoewel hulle deur die aangetekende geskiedenis die onderwerp van wetenskaplike, filosofiese en godsdienstige belang was. Die vertolking van drome is die poging om die betekenis van drome uit te lê en ’n onderliggende boodskap te soek. Die wetenskaplike studie van drome word oneirologie genoem.
Drome kom veral in die REM-fase"REM" in die AWS. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 19 Augustus 2020. (met vinnige oogbewegings) van slaap voor – wanneer breinaktiwiteit hoog is en ooreenkom met wanneer ’n persoon wakker is. REM-slaap is sigbaar deur middel van voortdurende bewegings van die oë tydens slaap. Soms kom drome ook in ander stadiums van slaap voor. Hierdie drome is egter geneig om baie minder helder of onthoubaar te wees.
Die lengte van ’n droom kan wissel; hulle kan ’n paar sekondes of sowat 20-30 minute duur. Mense is meer geneig om ’n droom te onthou as hulle tydens die REM-fase wakker word. Die gemiddelde persoon het drie tot vyf drome per nag, maar dit kon tot sewe wees.Empson, J. (2002). Sleep and dreaming (3de uitg.)., New York: Palgrave/St. Martin's Press Die meeste drome word egter dadelik of gou vergeet.Cherry, Kendra. (2015). "10 Facts About Dreams: What Researchers Have Discovered About Dreams ." About Education: Psychology. About.com. Drome is geneig om langer te duur namate die nag vorder. In ’n tydperk van agt uur slaap, kom die meeste drome in die gewoonlik twee uur van REM voor. Drome wat verband hou met ondervindings wanneer ’n persoon wakker is, word verbind met REM-theta-aktiwiteit, wat daarop dui dat die prosessering van die emosionele geheue in REM-slaap plaasvind.
Menings oor die betekenis van drome het deur tye en kulture verander. Baie mense onderskryf die Freudiaanse teorie van drome – dat hulle insig in verskuilde begeertes en emosies verleen. Ander prominente teorieë sluit in dié waarvolgens drome help in die vorming van die geheue, probleme oplos of bloot ’n neweproduk van lukrake breinaktiwiteit is.
Sigmund Freud, wat die sielkundige dissipline psigoanalise ontwikkel het, het in die vroeë 1900's uitgebreid oor droomteorieë en hulle vertolkings geskryf.Freud, S. (1900). The Interpretation of Dreams. Londen: Hogarth Press Hy het drome verklaar as die manifestasie van ’n mens se diepste begeertes en vrese, wat dikwels verband hou met onderdrukte kinderherinneringe of obsessies. Hy het verder geglo dat feitlik elke droomonderwerp, ongeag die inhoud daarvan, die verligting van seksuele spanning verteenwoordig. In The Interpretation of Dreams (1899) het Freud ’n sielkundige tegniek ontwikkel om drome te vertolk en ’n reeks riglyne ontwerp om die simbole en motiewe te verstaan wat in drome voorkom.
In moderne tye word drome beskou as ’n verbinding tot die onderbewussyn. Hulle wissel van normaal en gewoon tot oormatig surrealisties en bisar. Drome se aard kan verskil; dit kan vreesaanjaend, opwindend, magies, melancholies, avontuurlik of seksueel wees. Die gebeure in drome is gewoonlik buite beheer van die dromer, met die uitsondering van wanneer iemand bewus van sy omgewing is. Soms kry iemand ’n skeppende idee in sy drome of gee dit hom inspirasie.Domhoff, W. (2002). The scientific study of dreams. APA Press
Kulturele betekenis Antieke geskiedenis Die antieke Sumeriërs in Mesopotamië het bewyse agtergelaat van droomvertolking wat van tot minstens 3100 v.C. dateer.Seligman, K. (1948), Magic, Supernaturalism and Religion. New York: Random House Dwarsdeur die geskiedenis van Mesopotamië is drome as uiters belangrik vir waarsêery beskou.Oppenheim, L.A. (1966). Mantic Dreams in the Ancient Near East in G.E. von Grunebaum & R. Caillois (reds.), The Dream and Human Societies (pp. 341–350). Londen, Engeland: Cambridge University Press. en konings het groot waarde daaraan geheg. Gudea, die koning van die Sumeriese stad Lagasj (bewind omstreeks 2144-2124 v.C.), het ’n tempel laat herbou as gevolg van ’n droom waarin hy vertel is om dit te doen. Die Akkadiese Heldedig van Gilgamesj bevat verskeie vertellings van die profetiese krag van drome. Eers het Gilgamesj self twee drome waarin die koms van Enkidu voorspel is. Later droom Enkidu oor die held se ontmoeting met die reus Humbaba. Drome is soms ook beskou as maniere om in ander wêrelde te sien en daar is geglo die siel, of ’n deel daarvan, beweeg uit die liggaam van die slapende persoon en besoek die plekke en mense wat die persoon in sy drome sien.Caillois, R. (1966). Logical and Philosophical Problems of the Dream. In G.E. Von Grunebaum & R. Caillos (reds.), The Dream and Human Societies(pp. 23–52). Londen, Engeland: Cambridge University Press. In Tablet VII van die heldedig vertel Enkidu aan Gilgamesh ’n droom waarin hy die gode Anoe, Enlil en Utu gesien het wat hom ter dood veroordeel. Hy het ook ’n droom gehad waarin hy die onderwêreld besoek.
Die Assiriese koning Assurnasirpal II (bewind 883-859 v.C.) het ’n tempel laat bou vir Mamoe, moontlik die god van drome. Die latere Assiriese koning Assurbanipal (bewind 668 tot omstreeks 627 v.C.) het ’n droom tydens ’n desperate militêre situasie gehad waarin sy goddelike beskermer, die godin Isjtar, aan hom verskyn en belowe sy sou hom na oorwinning lei.
Die Babiloniërs en Assiriërs het drome verdeel in "goed", wat deur die gode gestuur is, en "sleg," wat deur demone gestuur is. In ’n versameling droomvoorspellings wat behoue gebly het, Iškar Zaqīqu, word van verskeie drome en hulle voorspellings vertel; dit is skynbaar op werklike voorvalle gegrond.Nils P. Heessel : Divinatorische Texte I : ... oneiromantische Omina. Harrassowitz Verlag, 2007. Sommige lys verskillende moontlike gevolge, geskoei op geleenthede toe mense soortgelyk drome gehad het met verskillende gevolge. Drome wat genoem word, sluit in ’n verskeidenheid daaglikse werkgebeure, reise na verskillende bestemmings, gesinsake, seksdade en ontmoetings met mense, diere en gode.
In antieke Egipte het Egiptenare in 2000 v.C. reeds hulle drome op papirus neergeskryf. Mense met helder en belangrike drome is as geseënd en spesiaal beskou.Lincoln, J.S. (1935). The dream in primitive cultures Londen: Cressett. Antieke Egiptenare het geglo drome is soos orakels en bring boodskappe van die gode. Hulle het geglo die beste manier om goddelike openbaring te ontvang was deur drome en daarom sou hulle drome "voortbring". Hulle sou na heiligdomme gaan en op spesiale "droombeddens" slaap met die hoop om raad, gemak of genesing van die gode te kry.1991. Languages of dreaming: Anthropological approaches to the study of dreaming In other cultures. In Gackenbach J, Sheikh A, reds., Dream images: A call to mental arms. Amityville, N.Y.: Baywood.
Klassieke geskiedenis thumb|Droom van die Tier-fontein (虎跑夢泉). In die Chinese geskiedenis is geskryf van twee belangrike aspekte van die siel, waarvan die een tydens slaap van die liggaam bevry word om in ’n droomwêreld te reis, terwyl die ander een in die liggaam bly. Hierdie geloof en droomvertolking is egter al sedert vroeë tye bevraagteken, soos deur die filosoof Wang Chong (27-97 n.C.). Die Indiese teks Upanishads, wat tussen 900 en 500 v.C. geskryf is, lê klem op twee betekenisse van drome. Volgens die eerste is drome slegs die uitdrukking van innerlike begeertes. Volgens die tweede verlaat die siel die liggaam en word dit rondgelei totdat die persoon wakker word.
Die Grieke het dieselfde idee as die Egiptenare gehad oor hoe om goeie en slegte drome te vertolk, asook die idee van drome voortbring. Morfeus, die Griekse god van drome, het ook waarskuwings en voorspellings aan dié gestuur wat by altare of in tempels geslaap het. Die vroegste Griekse geloof oor drome was dat die gode die dromers fisiek besoek. Hulle het die huis deur ’n sleutelgat binnegekom, en het die huis op dieselfde manier verlaat nadat hulle hulle goddelike boodskap gelaat het.
Antifon het die eerste bekende Griekse boek oor drome in die 5de eeu v.C. geskryf. In dié eeu het ander kulture die Grieke beïnvloed om te glo die siel verlaat die dromende liggaam.O'Neil, C.W. (1976). Dreams, culture and the individual. San Francisco: Chandler & Sharp. Hippokrates (469-399 v.C.) het ’n eenvoudige droomteorie gehad: Bedags kry die siel beelde; snags vervaardig dit beelde. Die Griekse filosoof Aristoteles (384-322 v.C.) het geglo drome veroorsaak fisiologiese aktiwiteit. Hy het gedink drome kan siektes ontleed en voorspel. Marcus Tullius Cicero het weer geglo alle drome word geskep deur gedagtes en gesprekke wat die persoon in die vorige dae gehad het.Cicero, De Republica, VI, 10
Herodotos skryf in sy Geskiedenisse: "Die visioene wat in ons drome voorkom, is meestal die dinge waarmee ons deur die dag te doen gekry het."
Godsdienstige sienings Abrahamitiese gelowe thumb|Jakob se droom van ’n leër met engele, omstreeks 1690 deur Michael Willmann. In Judaïsme word drome beskou as deel van die ondervinding van die wêreld wat vertolk kan word en waaruit lesse geleer kan word. Dit word in die Talmoed bespreek (Traktaat Berachot 55–60).
Die antieke Israeliete het hulle drome nou met hulle geloof verbind, hoewel hulle monoteïsties was en geglo het drome is die stem van slegs een God. Die Israeliete het ook onderskei tussen goeie drome (van God) en slegte drome (van bose geeste). Nes baie ander antieke kulture het hulle drome voortgebring om ’n goddelike openbaring te kry. Die profeet Samuel sou in die tempel slaap waar die ark was en die woord van God ontvang." Die meeste drome in die Bybel is in Genesis.
Christene deel die meeste van die gelowe van die Israeliete en glo die Ou Testament se verhale oor drome met ’n goddelike inspirasie. Die bekendste van dié drome is Jakob se droom in Genesis 28 oor ’n leer wat van die aarde tot aan die hemel strek. Baie Christene glo God kan deur drome tot mense spreek.
Iain R. Edgar het die rol van drome in Islam nagevors. Hy meen drome speel ’n belangrike rol in die geskiedenis van Islam en in die lewe van Moslems, want droomvertolkings is die enigste manier waarop Moslems openbaringe van God kan ontvang sedert die dood van die laaste profeet, Mohammed.
Hindoeïsme In die Mandukya-upanishad, deel van die Vediese geskrifte van Indiese Hindoeïsme, is ’n droom een van drie toestande wat die siel ervaar in sy leeftyd; die ander twee is die wakkerwees- en slaaptoestand.
Boeddhisme In Boeddhisme is idees oor drome soortgelyk aan die klassieke en volkstradisies van Suid-Asië. Dieselfde droom kom soms by verskeie mense voor, soos in die geval van die toekomstige Boeddha. Sommige drome kom ook in verskillende tye voor: die toekomstige Boeddha het sekere drome wat ooreenstem met dié van vorige Boeddhas. In Boeddhistiese geskrifte dien drome dikwels as simbool van sekere stadiums van die persoon se lewe.
Neurobiologie REM- versus nie-REM-drome Spesifieke soorte drome is geïdentifiseer vir drome tydens REM- en nie-REM-stadiums van slaap. Die helder, bisarre drome wat gewoonlik onthou word wanneer ’n mens wakker word, word hoofsaaklik met REM-slaap verbind. Diepe (fase 3 en 4)-laegolfslaap (nie-REM-slaap of NREM) word algemeen verbind met meer statiese, diepsinnige drome. Dié drome word hoofsaaklik deur die hippokampus aangedryf en sluit herinneringe aan gebeure in "soos wat hulle gebeur het", sonder die lukrake kombinasie van voorwerpe wat in drome tydens REM-slaap voorkom. Die res van dié artikel fokus op drome tydens die REM-fase en word meestal bloot "drome" genoem.
REM-slaap thumb|links|’n Elektroënsefalogram (EEG) wys die breingolwe tydens REM-slaap.