Die Amerindiese tale is 'n hipotetiese hoërvlak taalfamilie wat in 1960 deur Joseph Greenberg voorgestel en deur sy student Merritt Ruhlen uitgebrei is. Greenberg het voorgestel dat al die inheemse tale van die Amerikas aan een van drie taalfamilies behoort: die reeds aanvaarde Eskimo-Aleoetiese en Na-Dené, en al die oorblywende tale — wat deur ander taalkundiges as lede van tientalle ander taalfamilies geklassifiseer word — as Amerindies. Vanweë 'n groot aantal metodologiese gebreke in die boek "Language in the Americas" in 1987, is die verhoudings wat hy tussen hierdie tale voorgestel het, deur die meerderheid historiese taalkundiges as vals verwerp.
Die term Amerindies word soms ook gebruik om algemeen na al die verskillende inheemse tale van die Amerikas te verwys, sonder om hulle as 'n genealogiese groep te klassifiseer. Om dubbelsinnigheid te vermy word die term Amerindies dikwels met die laasgenoemde betekenis gebruik.
Verdere leesstof
Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Noord-Amerika Kategorie:Tale van Suid-Amerika