Die Na-Dené-tale ([ˌnɑːdɪˈneɪ]; ook Nadene, Na-Dené, Athabaskies-Eyak-Tlingit, Tlina-Dene) is 'n taalfamilie van inheemse tale van die Amerikas wat ten minste die Athabaskiese, Eyak- en Tlingit-tale insluit. 'n Ou insluiting van Haida word nou as twyfelagtig beskou.
duimnael|links|Verspreiding van die voorgestelde Dené-Jenisei-taalfamilie In Februarie 2008 is 'n gepubliseerde voorstel, waarin die Na-Dené-tale (sonder Haida) met die Jenisei-tale van die sentrale Siberië in 'n Dené-Jenisei-taalfamilie, deur 'n aantal taalkundiges goed ontvang. Dene–Yeniseic Symposium , Universiteit van Alaska Fairbanks, Februarie 2008, besoek op 30 Maart 2010 In 'n 2014-artikel word voorgestel dat die Na-Dené-tale van Noord-Amerika en die Jenisei-tale van Siberië 'n gemeensame oorsprong in 'n taal wat op die Beringlandbrug tussen die twee vastelande gepraat is, gehad het. Mark A. Sicoli and Gary Holton, Linguistic Phylogenies Support Back-Migration from Beringia to Asia, PLoS ONE, 12 Maart 2014, besoek op 25 November 2014.
Die Na-Dené-tale is geografies veral in twee dele verdeel: die noordelike verspreiding streek oor die noordwestelike Kanada en die aangrensende Amerikaanse deelstaat Alaska, en die suidelike verspreiding in die suidwestelike Verenigde State net noord van Meksiko. Daarbenewens bestaan langs die weskus nog enkele klein taaleilandjies.
Navajo is verreweg die belangrikste Na-Dené-taal en word deur 167 000 Navajo-Indiane in die vier Amerikaanse deelstate Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko en Utah gebesig. Dit is die belangrikste inheemse taal van die Amerikas noord van Meksiko.
Etimologie Edward Sapir het die term Na-Dene oorspronklik ontwerp om na 'n gemeensame taalfamilie vir Athabaskies, Tlingit en Haida (die bestaan van die Eyak-taal was destyds nog nie aan hom bekend nie) te verwys. In sy "The Na-Dene languages: A preliminary report" beskryf hy hoe hy by dié term uitgekom het (Sapir 1915, bl. 558):
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Noord-Amerika