Kumaoni (कुमाऊँनी भाषा) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 2 miljoen mense in die Indiese deelstaat Uttarakhand gebesig word. Dit word veral deur die Kumaoni's in die Kumaoni-streek van die noordelike Indiese deelstaat Uttarakhand in die Indiese Himalaja gebesig.
duimnael|links|Die woord "Kumaoni" in Devanagari-skrif duimnael|links|'n Johari-spreker ('n Kumaoni-dialek) vertel die oorsprongsverhaal van die Shauka-volk Kumaoni word in 'n aantal dialekte verdeel en is veral verwant aan Garhwali wat verder wes gepraat word. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf.
Kumaoni is nie 'n bedreigde taal nie (Ethnologue lys dit as "lewenskragtig"); dit word nietemin as "kwesbaar" aangewys in Unesco se wêreldatlas van bedreigde tale, wat daarop dui dat die taal konsekwente bewaringspogings benodig.
Verwysings
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië