Kurukh (कुड़ुख़), ook Kurux, Oraon of Uranw, is 'n Noord-Drawidiese taal wat deur bykans 2 miljoen Kurukh- en Kisan-mense in die Indiese deelstate Jharkhand, Madhya Pradesh, Chhattisgarh, Orissa en Wes-Bengale, maar ook deur 65 000 in die noordelike Bangladesj, 28 600 in Nepal en sowat 5 000 in Bhoetan gebesig word. 'n Aantal Kurukh-sprekers bly ook in Suid-Indië. Kurukh is veral verwant aan Brahui en Malto, die twee noordelikste Drawidiese tale. Die taal word as "kwesbaar" aangewys in Unesco se Atlas van die wêreld se tale in gevaar, wat daarop dui dat die taal konsekwente bewaringspogings benodig.

Verwysings

Kategorie:Drawidiese tale Kategorie:Tale van Indië