thumb|200px|Barbituursuur, die moederstruktuur van alle barbiturate. ’n Barbituraat is ’n middel wat as depressant van die sentrale senuweestelsel gebruik word. Dit het ’n moontlik verslawende uitwerking en ander newe-effekte, en ’n oordosis is moontlik. Hulle is meestal deur ander middels vervang in die behandeling van byvoorbeeld angs en slaaploosheid omdat dié middels ’n laer risiko vir verslawing inhou en weens die gebrek aan ’n teenmiddel vir ’n oordosis van barbiturate. Barbiturate word egter steeds gebruik in sekere gevalle soos die behandeling van epilepsie en akute migraine, genadedood, teregstellings en bygestaande selfmoord.

Die naam barbituraat kom van barbituursuur, waarvan barbiturate almal chemiese derivate is.

As dwelmmiddel Barbiturate word ook as ’n dwelmmiddel gebruik. Volgens dwelmmisbruikers gee dit hulle gevoelens van ontspanne tevredenheid en euforie. Met herhaalde gebruik kan sielkundige afhanklikheid ook ontwikkel. Chroniese misbruik van barbiturate word verbind met aansienlike morbiditeit. In een studie is bevind 11% van mans en 23% van vroue wat dit misbruik, pleeg selfmoord. Ander effekte van bedwelming met die middel sluit in loomheid, laterale en vertikale nistagmus (onwillekeurige, ritmiese of rukkerige oogbeweging),"Nistagmus" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 17 Augustus 2020.. ’n sleeptong en ataksie (koördinasieloosheid), en die verlies aan inhibisies.

Barbiturate word ook gebruik om die onttrekkingsimptome van onwettige dwelmmisbruik te verlig. Barbiturate word dikwels saam met ander middels, soos alkohol, gebruik. Straattaal vir barbiturate sluit in barbs, barbies, bluebirds, dolls, wallbangers, yellows, downers, goofballs, sleepers, reds & blues en tooties.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Dwelms