Garhwali (गढ़वळि भाख) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 2,5 miljoen mense in die Indiese deelstaat Uttarakhand gebesig word. Dit word veral deur die Garhwali's in die Garhwal-streek van die noordelike Indiese deelstaat Uttarakhand in die Indiese Himalaja gebesig.

duimnael|links|Die woord "Garhwali" in Devanagari-skrif Garhwali word in 'n aantal dialekte verdeel en is veral verwant aan Kumaoni wat verder oos gepraat word. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf.

Garhwali is nie 'n bedreigde taal nie (Ethnologue lys dit as "lewenskragtig"); dit word nietemin as "kwesbaar" aangewys in Unesco se Atlas van die wêreld se tale in gevaar, wat daarop dui dat die taal konsekwente bewaringspogings benodig.

Verwysings

Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië