Die jaar 1676 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 17de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure 14 Maart – Goewerneur IJsbrand Godske van die Kaap de Goede Hoop word opgevolg deur Kommandeur Johan Bax van Herenthals. 28 Maart – Pous Clemens X verklaar Johannes van Kanti salig. 21 September – Pous Innocentius XI volg Pous Clemens X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 4 Oktober – Pous Innocentius XI word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini.

Geboortes

Sterftes 8 Februarie – Aleksei van Rusland, tsaar van Rusland (* 1629). 29 April – Michiel de Ruyter, Nederlandse admiraal (* 1607). 27 Mei – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere (* 1607). 5 Julie – Carl Gustav Wrangel, Sweedse soldaat (* 1613). 22 Julie – Pous Clemens X, die 239ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1590). 9 September – Paul Chomedey de Maisonneuve, Franse leëroffisier (* 1612).

Kategorie:17de eeu