duimnael|Standaard van die Keiser van Japan duimnael|Die Keiserlike Seël van Japan

Die van Japan is die land se monarg. Hy is die hoof van die Japannese Keiserlike Familie. Volgens Japan se huidige grondwet is die Keiser die "simbool van die staat en die eenheid van die volk," en dien as seremoniële hoof in die grondwetlike monargie.

Die huidige keiser is Sy Keiserlike Majesteit die Keiser Naruhito, wat die Krisanttroon bestyg het toe sy vader Keiser Akihito in 2019 abdikeer het. Hy is die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.

Die rol van die keiser van Japan het histories gewissel van dié van 'n opperrang geestelike met grootliks simboliese magte en dié van 'n werklike keiserlike heerser. 'n Onderliggende keiserlike kultus (die idee van Arahitogami) beskou die keiser as van goddelike afstamming. Tot 1945 was die Japannese monarge altyd amptelik militêre aanvoerders. Anders as in die geval van westerse monarge het hulle die funksie nie in praktyk uitgevoer nie. Japannese keisers is byna altyd tot 'n mindere of meerdere mate deur ander politieke magte beheer.

Sedert die middel van die 19de eeu het die Keiserlike Paleis as "Kyūjō" (宮城) bekendgestaan. Later is dit hernoem na Kōkyo (皇居) en was geleë op die voormalige terrein van die Edo-kasteel in die hartjie van Tokio. Vroeëre keisers het vir byna elf eeue in Kioto gewoon.

Keisers van Japan Vervolgens die vyf keisers van Japan se moderne tydperk sedert die stigting van die moderne Japannese Keiserryk in 1867.

No. Portret Persoonlike naam Bewind Posthume naam Notas 12260px Mutsuhito 1867–1912Keiser Meiji Eerste Keiser van die Japannese Keiserryk 123 60px Yoshihito 1912–1926 Keiser Taishō Kroonprins Hirohito het 1921–1926 as Sesshō (Prinsregent) gedien 124 60px Hirohito 1926–1989 Keiser Shōwa Dien 1921–1926 as Sesshō (Prinsregent).Laaste Keiser van die Japannese Keiserryk 125 60px Akihito 1989–2019 Keiser Heisei Abdikeer op 30 April 2019. Word in Japannees Jōkō ("die groot Keiser") genoem, en "keiser emeritus Akihito" in Afrikaans. 126 60px Naruhito 2019–hede Keiser Reiwa Ingehuldig op 1 Mei 2019. Word Kinjō Tennō ("die regerende Keiser") of Tennō Heika ("Sy Majesteit die Keiser") in Japannees genoem, en "Keiser Naruhito" in Afrikaans.

Verwysings

Bronnelys Asakawa, Kan'ichi (1903). The Early Institutional Life of Japan. Tokyo: Shueisha. ; see online, multi-formatted, full-text book at openlibrary.org Screech, Timon (2006). Secret Memoirs of the Shoguns: Isaac Titsingh and Japan, 1779–1822. London: RoutledgeCurzon. ; .

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Keiserlike Huis van Japan

Kategorie:Nasionale simbole van Japan