het vanaf 1989 tot 2019 as van Japan gedien en was die 125ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde. Soos in Japan gebruiklik is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Akihito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy posthume naam sal Keiser Heisei (平成天皇, Heisei Tennō) wees, sy regeringstyd sal ná sy afsterwe darem as Heisei-tydperk (平成時代, Heisei jidai) bekend staan. Hy het die Krisanttroon in 1989 bestyg en in 2019 abdikeer. Sedert sy abdikasie is die amptelike aanspreekvorm .

duimnael|links|Standaard van die keiser emeritus, tans Akihito Akihito is die oudste seun van die sewe kinders van Keiser Shōwa en sy vrou Nagako. Toe Tokio in Maart 1945 deur Amerikaanse bomwerpers aangeval is, is Akihito en sy jonger broer Masahito (hy heet nou Hitachi) na veiligheid geneem. In Junie 1953 het hy Japan tydens die kroning van koningin Elizabeth II verteenwoordig.

Hy trou op 10 April 1959 met Shoda Michiko. Hulle het drie kinders: Naruhito (* 23 Februarie 1960) prins Akishino (* 30 November 1965) prinses Sayako (* 18 April 1969)

As die destydse kroonprins, het hy sewe staatsbesoeke saam met kroonprinses Michiko afgelê. Ná die afsterwe van sy vader word hy op 7 Januarie 1989 die keiser van Japan. Die amptelike kroningseremonie het egter eers op 12 November 1990 plaasgevind. In Desember 2017 het die Japannese regering die abdikasie van Akihito vir 30 April 2019 aangekondig, hy is op 1 Mei 2019 deur sy oudste seun, Kroonprins Naruhito, opgevolg.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Japannese keisers Kategorie:Lewende mense