Aleksei Nikolajewitsj Romanof (Russies: Алексе́й Никола́евич Рома́нов; Peterhof, - Jekaterinburg, 16 Julie 1918) van die Huis van Romanof was die seun van keiser Nikolaas II en keiserin Aleksandra Fjodorowna. Hy was hul vyfde kind en het vier ouer susters gehad: Olga, Tatjana, Maria en Anastasia.
As enigste seun was hy die regmatige troonopvolger, of tsesarewitsj.Die titel "tsesarewitsj" is in 1797 ingestel vir die troonopvolger van die Russiese Ryk. Die ouer titel, "tsarewitsj", is voorheen gegee aan enige seun van 'n tsaar en histories ook aan die seuns van nie-Russiese leiers, byvoorbeeld van die Krimse of Siberiese khanaat. Die 1797-wet het "tsarewitsj" as amptelike titel afgeskaf, maar dit is dikwels daarna nog verkeerdelik in die omgangstaal gebruik. Omdat hy hemofilie gehad het en sy ouers dit van die Russiese volk probeer weerhou het, het hulle hom probeer behandel met metodes van die sogenaamde geloofsgeneser Grigori Raspoetin.
Ná die Februarie-rewolusie van 1917 en die gedwonge abdikasie van die keiser later dieselfde jaar, is die Romanofs binnelands verban na Tobolsk en later Jekaterinburg in Siberië. Ná die Oktober-rewolusie was die Rooi Leër in 'n oorlog gewikkel met die antikommunistiese Wit Leër en toe laasgenoemde Jekaterinburg nader, het die Oeralse Sowjet opdrag gegee dat die Romanofs vermoor word in die nag van 16-17 Julie 1918. Nadat die gesin se oorskot (buiten dié van Aleksei en 'n suster) in 1979 naby Jekaterinburg ontdek is, het gerugte ontstaan dat hy die teregstelling vrygespring het. Talle troonrowers het beweer hulle is Aleksei. Daar was ook talle vroue wat beweer het hulle is Anastasia, van wie die bekendste seker Anna Anderson was. In 2007 is die oorskot van Aleksei en Maria (of Anastasia) in 'n tweede graf naby dié van die res van die Romanof-gesin ontdek.
Op 17 Julie 1998, op die 80ste herdenking van hulle teregstelling, is Aleksei se ouers, drie van sy susters en die ander vier lede van die huishouding amptelik herbegrawe in die Katedraal van Petrus en Paulus in Sint Petersburg, terwyl Aleksei en Maria (of Anastasia) se bene in Russiese staatsargiewe bly totdat die Russies-Ortodokse Kerk tevrede is met DNS-toetse. Die Kerk het die Romanof-gesin in 2000 as "draers van lyding" tot heiliges verklaar.
Aleksei word soms deur Russiese legitimiste Aleksei II genoem, want hulle beskou die abdikasie van sy pa namens Aleksei ten gunste van Nikolaas se jonger broer, groothertog Michail, as onwettig.
Geboorte en doop Aleksei is op in Peterhof in die Russiese hoofstad, Sint Petersburg, gebore. Hy was die jongste van die vyf kinders van keiser Nikolaas II en keiserin Aleksandra. Nikolaas was die oudste seun van keiser Aleksander III en prinses Dagmar van Denemarke. Aleksei se oupagrootjies aan vaderskant was Aleksander II van Rusland en Christiaan IX van Denemarke, en sy oumagrootjie aan moederskant kant was koningin Victoria.
thumb|200px|Aleksei as 'n baba in 1904. Sy ouer susters was die groothertoginne Olga, Tatiana, Maria en Anastasia.
Aleksei se geboorte is met groot vreugde begroet, want hy was Nikolaas se eerste seun ná vier dogters.Mouchanow, Lifelong Passion, p 154-5 Volgens groothertog Konstantyn Konstantinowitsj het Nikolaas se jonger broer, groothertog Michail Aleksandrowitsj, "gestraal van vreugde omdat hy nie meer die erfgenaam was nie".Simon Sebag Montefiore, The Romanovs, p. 518 Barones Sophie Buxhoeveden onthou "ons is omtrent verdoof deur die kerkklokke wat heeldag gelui het".Buxhoeveden, Before the Storm, pp. 237–8. Oral het mense feesgevier. Nikolaas het politieke amnestie aan gevangenes verleen en 'n fonds gestig vir militêre beurse.The Cesarevitch’, The Times, 25 August 1904.
Nikolaas het Aleksei genoem na Aleksei van Rusland, sy gunstelingtsaar.Carolly Erickson, Alexandra: The Last Tsarina, p. 146 Sy gesin het hom "baba" genoem en later ook Aljosja (Алёша).
Aleksei het dadelik die titels "tsesarewitsj" en regmatige opvolger van die Russiese troon gekry. Hy is op 3 September 1904 in die kapel in die Peterhofpaleis gedoop. Die doop was die eerste keer dat sommige jonger lede van die keiserlike familie 'n amptelike seremonie bygewoon het. Vir die geleentheid het die seuns miniatuur- militêre uniforms gedra en die meisies klein hofrokkies en kokosjniks.Christening of Alexei 1904
Siekte Aleksei het aan hemofilie gely, ’n siekte wat nie destyds behandelbaar was nie. Hy het dit oorgeërf van sy ma, wat ’n draer van die siekte was. Sy was die kleindogter van koningin Victoria, ook ’n draer. (Draers het nie self die siekte nie, maar kan dit aan hulle kinders oordra.)
Die tsaar en tsaritsa het die siekte geheim gehou van die Russiese volk, omdat hulle bekommerd was oor wat die reaksie sou wees, veral wat die troonopvolging betref. Aleksei het deur sy kort lewe dikwels interne bloedings gehad en dit het veroorsaak dat hy selfs ’n ruk lank nie kon loop nie. Hy was in dié tyd eers aan ’n rolstoel gekluister en het later ’n ruk lank beenysters gedra.
Vanweë die geheimhouding om die siekte het talle gerugte die ronde gedoen. Raaiskote oor wat die tsarewitsj kon makeer, het gewissel van 'n vorm van tuberkulose tot 'n gebrek aan 'n laag van sy velUlar, Russia from Within, p. 41 tot 'n gevolg van die swak saniteit in die keiserlike paleise.The Three-year-old Heir to the Throne of the Czar’, Current Literature 43, no. 1, July 1907, p. 38 Nadat Aleksei eenkeer by Spala gebloei het, het die Amerikaanse pers gegis dat hy "in 'n onbewaakte oonblik deur 'n nihilis gesteek is".Daily News, Maryland, 23 Oktober 1912
thumb|200px|Aleksei en Derewenko. thumb|200px|Nikolaas II en sy seun in 1911 in 'n roeiboot in Aleksanderpark. Sy hemofilie was so erg dat klein beserings soos 'n blou kol, 'n neus wat bloei of 'n sny sy lewe kon kos. Sy ouers was konstant oor hom bekommerd. Die lang rukke wat hy siek was of herstel het, het ook ingemeng met Aleksei se kinderlewe en opvoeding.
Nikolaas en Aleksandra het geglo Grigori Raspoetin, 'n lekeprediker en (volgens sy aanhangers) geloofsgeneser, kon Aleksei genees. Baie mense het hulle nie geglo nie. In die herfs van 1907 het Aleksei geval en sy been seergemaak. Hy het intern begin bloei.Helen Rappaport, Romanov Sisters, p. 111. Nikolaas se suster groothertogin Olga Aleksandrowna, het geskryf: "Die arme kind lê in sulke groot pyn, met donker vlekke onder sy oë en sy klein lyfie heeltemal verwronge, en die been vreeslik geswel."Vorres, Last Grand Duchess, p. 142 Die dokters hon niks doen nie. Raspoetin is laat kom en hy het by Aleksei se bed gebid en toe gesê: "Slaap nou."Helen Rappaport, Romanov Sisters, p. 112 Kort nadat Raspoetin weg is, het die swelsel begin sak. Die volgende oggend het Alekei al regop in die bed gesit, hy het geen koors gehad nie en sy oë was helder.Vorres, Last Grand Duchess, pp. 142–3
In September 1912 het die gesin 'n oord in Pole besoek, waar Aleksei op 5 September in 'n roeiboot gespring en sy lies beseer het. 'n Groot blou kol het dadelik verskyn, maar binne 'n week verdwyn.M. Nelipa (2015) Alexei. Russia's Last Imperial Heir: A Chronicle of Tragedy, pp. 76-77. Later het die gesin in Spala gebly. Op 2 Oktober het Aleksei en Aleksandra in die woud gaan ry. Die geskud het veroorsaak dat hy weer begin bloei het.Helen Rappaport, Romanov Sisters, p. 179. Hy moes bewusteloos uit die perdekar gelaai word. Elf dae lank het hy geskree van die pyn.Simon Sebag Montefiore, The Romanovs, p. 555 Op 6 Oktober was Aleksei se temperatuur gevaarlik hoog en hy het in sy maag gebloei. On 8 Oktober het hy die laaste sakrament ontvang.M. Nelipa (2015) ALEXEI, Russia's Last Imperial Heir: A Chronicle of Tragedy. Chapter III, p. 84. Op 10 Oktober het 'n mediese bulletin in koerante Aleksei se komende dood aangekondig.
Op 9 Oktober het Aleksandra Raspoetin gekontak en 'n telegram van hom gekry: "Die kleinman sal nie sterf nie. Moenie dat die dokters hom te veel pla nie."Fuhrmann, pp. 100–101. Aleksei se temperatuur het gedaal en hy het begin verbeter. Die dokters was verstom.Mossolov, Court, p. 152 Op 19 Oktober het hy ophou bloei. Hy moes daarna beenstutte dra om hom weer te help loop.M. Nelipa (2015) Alexei, p. 93.
Toe hy vyf jaar oud was, is twee matrose aangestel om hom heeltyd te monitor om seker te maak hy beseer homself nie. Sy ouers het self die matrose aangestel: Andrei Derewenko en Klimenti Nagorni.Kurth, Peter, "Tsar: the lost world of Nicholas and Alexandra", Allen & Unwin, 1998, p. 74, Anna Wiroebowa, Aleksandra se vriendin, onthou: “Derewenko was so geduldig en vernuftig; hy het dikwels wondere verrig om die pyn te verlig. Ek kan steeds hoor hoe Aleksei die groot matroos smeek: ‘Lig my arm op,’ ‘Trek op my been,’ 'Maak my hande warm,' en ek kan sien hoe die geduldige man met die kalm oë ure lank swoeg om die pynlike klein ledemate beter te laat voel.”Robert K Massie, "Nicholas and Alexandra," p. 138
Pierre Gilliard het in 1921 in sy memoires geskryf:
Waarnemers en geleerdes het verskillende menings oor Raspoetin se oënskynlik positiewe invloed op die seun: Baie glo hy het hipnose gebruik, vir die seun kruie gegee, of sy raad dat die dokters hom nie ontstel nie het die seun help genees. Ander raai hy het met behulp van sy vertroueling in die hof, die hofdame Anna Wiroebowa, sy "verskyningstye" so beplan dat Aleksei reeds aan die herstel was as hy daar aankom; hy het dan die eer vir die seun se herstel vir homself toegeëien. Raspoetin het egter eers in 1913 in hipnose begin belangstel, en die keiserlike hof het die gebruik van die soort kruie wat hy sou gebruik het, afgekeur."The Life and Tragedy of Alexandra – Chapter XV – A Mother's Agony – Rasputin"
King glo verduidelikings soos dié hier bo neem nie in ag dat Raspoetin soms 2 600 km van die seun af was wanneer hy hom gesond gemaak het nie.Bernard Pares (6 Januarie 1927) "Rasputin and the Empress: Authors of the Russian Collapse", Foreign Affairs. Besoek op 15 Julie 2014. Volgens Moynahan het Raspoetin bewonderaars aangetrek met sy persoonlikheid en nie met truuks nie.Moynahan, p. 165. Shelley sê die geheim van Raspoetin se mag lê in sy kalm, sagte krag en in sy oortuiging.G. Shelley (1925), The Speckled Domes. Episodes of an Englishman's life in Russia, p. 60.
GilliardLe Précepteur des Romanov by Daniel GIRARDIN en ander spekuleer dat Raspoetin die toediening van aspirien stopgesit het. Dié pyndoder is al sedert 1899 beskikbaar, maar sou Aleksei se toestand vererger het omdat dit 'n bloedverdunner is wat keer dat bloed stol. Dit sou ook die swelling en pyn vererger.
Maria Raspoetin is weer oortuig daarvan dat haar pa magnetisme gebruik het.Rasputin, p. 33.
Voorkoms en persoonlikheid Aleksei was 'n mooi seun en het baie soos sy ma gelyk. Sy onderwyser Pierre Gilliard het die 18 maande oue Aleksei beskryf as "een van die mooiste babas wat 'n mens jou kan voorstel, met pragtige ligte krulle en wonderlike blougrys oë onder lang, krullerige ooglede".Pierre Gilliard, Thirteen Years at the Russian Court, p. 26 'n Paar jaar later beskryf Gilliard hom as "lank vir sy ouderdom, met 'n lang, gebeitelde gesig, delikate eienskappe, kastaiingbruin hare met 'n koperige skynsel, en groot grysblou oë nes sy ma s'n".Robert K. Massie, "Nicholas and Alexandra," p. 144
thumb|200px|links|Aleksei (Sergei Jegornof, c. 1911).