Die Bivanerivier (Pivaanrivier) is 'n standhoudende stroom in KwaZulu-Natal en is die belangrikste sytak van die uPhongolorivier (Pongolarivier). Hierdie rivier ontspring op nagenoeg 2100 m bo seespieël op 'n afstand van 16 km noord van Utrecht. Dit het 'n opvanggebied van minstens 1000 km², vloei ooswaarts verby Natal Spa en sluit dan op die noordwestelike hoek van die Ithala-wildreservaat by die uPhongolo aan. duimnael|links|'n Kaart van die Pivaan- of Bivanerivier met sy sytakke (1911)

Eksterne skakel Kaart van die Bivanerivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal